file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 2 months ago #64936 by Kimika
Junita, is die werk wat jy nou het naby Paarl of gaan jy in elkgeval ander werk moet soek?

Kitty, ja die lysies :) en my handsak en broeksakke is almal vol papiertjies waarop lysies geskryf staan, dan vergeet ek hulle in my broeksakke en dan is die wasgoedmasjien vol stukkies papier :) En asb, die vrae vraery maak my mal!!!!!!!!!!!!!!!! My man se favorite is altyd gelink met tyd, hy is 'n tyd-control freak. So hy vra my honderd keer 'n dag: "Wat gaan jy nou doen" Dan se ek: Ek gaan nou my gesig was, make-up opsit en hare doen. Dan se hy: "hoe lank skat jy gaan dit vat?" grrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr Dis rerig erg, my hele dag moet ek vooruit beplan en in tyd opbreek sodat hy presies weet wat gebeur wanneer en hoe lank dit gaan vat. So ek moan nou lelik maar dis nou eers erg omdat ons moet pak vir seetoe en more oggend ry ons al vroeg na my ma-hulle en slaap daar oor. Dan vra hy my nou nou.. "wat moet jy als more oggend doen" Toe se ek vir hom ek sal hom nou nou se (eintlik is ek net klaar geiriteerd) want ek wil eers kyk wat kry ek nog gedoen vannaand. Ok maar hy wil nou weet! En die kouse wat ek besig was om te rol word al hoe stywer opgerol... En toe op die ou einde maak dit gladnie saak wat ek more nog als moet doen nie want hy gaan eers 8:30 die tasse in die kar pak. !!!???? Hoekom het hy dan gevra? sorry, sal nou ophou :) hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #64894 by junita
Ag my man doen ook die vrae ding dan wil ek die stuipe kry lol....so daar kan ek ook saamgesels.

Dit seker so 2 weke terug beroert gegaan tussen ons, so beroert dan ek my goed finaal wou vat en gaan, maar ons mekaar belowe ons sal harder probeer, sover gaan dit nog goed :) .

Hi wou julle nog gister vertel het, een van die drs in die hospitaal het my gister gekontak en gevra of ek nie vir hom wil kom werk nie, beter ure en salaris, maar my hart trek mos Paarl toe, my man werk mos al klaar daar ens. en sodra ons kan wil ons soontoe trek, so toe besluit ek vanoggend nee, dit sou great gewees het, baie nice dr en als maar dit gaan verkeerd wees van my en boonop is ek gelukkig in my werk vir eers. So hoop ek het reg besluit ?

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #64721 by kittycat
ja sjoe Delucey, 60-70km klink miskien nie so ver nie, maar as mens dit elke dag (2 keer!) moet ry, dan kan ek dink dit kan bietjie erg raak~!

Kimi, lyk my ek en jy het dieselfde gewoontes...! :laugh:
Dis presies dieselfde goed waaroor my man heeldag kla, en hy se EK is die een wat nagg.
Ek is nogal redelik verstrooid, en net soos jy, is ek ook nie slordig nie, maar my goed le die hele huis vol, en ek is 80% van die dag in la-la land...!
Vergeet ook om die water uit te tap :laugh:
Ek maak lysies vir alles (want ek vergeet alles!) maar dan vergeet ek die lysies en dan le dit die hele huis vol! ,
my handsakke le ook die hele huis vol.
Hy like dit ook niks as ek sy goed vat en dit nie terug sit nie.. okay, ek verstaan dat dit miskien effens irriterend kan raak.. :huh:
Dit irriteer my nou weer as my man 100 vrae elke dag vra, of as hy al die melk opdrink en niks los vir koffie nie. Die heel ergste is as hy goed wat gedoen moet word, uitstel!! DIT MAAK MY MAL!!! (sien, dis nou waar die nagging inkom.... )

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #64282 by Delucey
Kitty my man is in die week op die oos rand omdat hy 'n venootskap aangegaan het en die kantore daar is - en kom dan naweke terug. Ons is op die wes rand. Voel maar net hy gaan te veel tyd op die pad spandeer om elke dag deur te moet ry. Is so 60/70km one way. so hy bly by my ma hulle in die week en dit sal nou so aanhou tot ons huis daar gekry het.

Moet se my man moan darem nie te veel met my nie maar hy like dit niks as ek nie die tandepaste se proppie terugdruk nie ;) en as die huis deurmekaar is... maar nou ja daarmee moet hy maar saamleef want ek is net een mens...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #63884 by Kimika
Delucey, gelukkig is jou kar nou reg! Dis 'n pyn in die gat hoor!

Kitty, jy wil nie he ek moet begin oor my man se ander "pet-hates" nie? Ek dink in ons verhouding is hy die vrou wat heeltyd nagg en ek is die man wat nie worry nie :) Hy freak as ek die ketel leegmaak en nie weer volmaak nie, of as ek my pajamas in die badkamer vergeet, vergeet om Pietertjie se badwater uit te tap, my papiere in die kombuis los in plaas van dit gaan bere.. ok ek gaan nou ophou :) hehe.. dis nie dat ek slordig is nie, ek los net partykeer goed om later te doen :) hehe

Lekker daggie vir julle!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #63836 by kittycat
Delucey, sorry dat ek nou obviously iets gemis het, maar waar is jou man, en wanneer kom hy terug?
My man is ook een van die dae oppad oorsee vir werk.. ek het net vir hom gese hy gaan nerens nie voor ons getrek het nie. Ek sal heeltemal uitfreak as ek alleen hier moet bly.. Ten minste voel ek my man kan die spoke boks op hierdie stadium..

Dit klink asof iets krag trek in jou kar, al is hy af.. mmm.... :ohmy:

ja julle, ek oordryf regtig nie met my mysteries en secrets-post nie. Dan het hulle nog ingebreuk ook al twee keer in ons straat..

Ek wonder nou net of daar miskien 'n "outdoor entertaining area" was dat die onderklere so in die tuin begrawe is...? En die sambreel . .hehe, ja Kimi, ek dink jys reg want dis te random dat dit enige iets anders kan wees...

Ja Kimi, jy beter ons dag vir dag op hoogte hou met jou swangerskap... Geen info mag uitgelaat word nie ... ;)

So, dit irriteer die hel uit my man uit as ek in sy ore "nagg", as Kimi nie die PC inplug nadat sy dit gebruik het nie, so wat is die ander se mans se "pet hates?! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #63782 by Delucey
hehe ja ek het ook nou so bietjie gegiggle vir die onderklere... hoekom jou onderklere begrawe :)

ek stem ek wil ook weet of iemand al gegroet het in my huis. Hier waar ons bly is ons nog die eerste eieneaars so ja dis darem nie 'n issue nie.

Ai julle toe ek nou vanmiddag vir Eben wou gaan haal toe wil my kar weer nie start nie! Het toe darem die ou van die battery plek kon kry om dit vir my te kom ruil. So nou behoort ek nie meer probleme te he nie. Ai dis nogal annoying so sonder my man maar nou ja wat kan ek maak... moet maar net aangaan en dinge reel!

ek moet eintlik werk maaar is glad nie lus nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account