Okay:
"the secrets and mysteries"
Okay, ons bly in so 'n suburb-bedryf. Hier is nogal baie fancy huise, maar almal is te koop??? (gevaarteken nr 1)
Ons was nogal redelik desperaat toe ons moers trek, aangesien ons huis in Dainfern alreeds uitverhuur was (fout nr 1)
So, toe ons klaar ingetrek het, vertel 'n neighbour vir my in hoe slegte toestand die huis was voordat hulle dit ge "renovate" het. Blykbaar het hierdie estate se home owners association gedurig die eienaars gedreig omdat die huis in so 'n slegte toestand was??!!!
'n ander neighbour vertel my toe dat die man wat hier gebly het in die huis dood is.(my landlord se pa wat 80 was!!!) Sy girlfriend het selfmoord gepleeg. Ek wil liewer nie weet waar nie!!
'n ander neighbour vertel my nou die dag dat sy weet nie of ek weet nie, maar die ou man wat hier gebly het, het so 10 jaar terug 'n bordeel hier ge'run".. baie geheimsinnig, omdat dit 'n nice suburb is...!!
Nou vra ek julle, hoe WEIRD KAN DINGE RAAK!!?!!?
So, ek het my nie veel aan al hierdie stories gesteur nie, want dit klink omtrent soos Desperate housewives. En dit is nogal so.. hier is party vroue wat die heel dag in die strate rondhang opsoek na geselskap, en hoogs verveeld is met hulself. (opgedress met 'n hondjie onder die arm!?!)
As ek hulle sien en ek wou dalk straat toe gaan, kry ek baie gou iets anders om te doen..! Hulle freak my almal uit..
So, nou die dag besluit my man om ons sprinkling system se pype te verander. Die volgende is gekry in die grond begrawe:
a) 2 bra's ('n swarte en 'n rooie!)
b) 'n sambreel (?)
c) 'n mansonderbroek!!
d) 'n kous...
Ons landlord is baie weird. Sy anwoord nooit 'n vraag direk nie. Sy het darem erken dat haar Pa in die huis dood is, maar sy het nie gedink dis 'n issue nie! Janee, glad nie hoor!!
Dan was daar bv 'n gat in die badkamer deur geslaan toe ons intrek???!!! Ek meen, dit was nie daar toe ons laas jaar na die huis kom kyk het nie?!! Dis obviously 'n vuis wat deur die deur is! Ek meen, wie sal nou 'n gat in die deur wil slaan.. hier het nie eers iemand gebly nie..As ek en my man nou terugdink aan dinge is hier baie goed wat glad nie kosher is nie!
Ek kry die fools jammer wat na ons hier gaan huur...
Nee jislaaik.. hierdie plek is freaky hoor...