file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 2 months ago #62526 by Kimika
Jip Delucey ek het dit baie al gedink.. my man het laas Pietertjie gebad toe hy in die hospitaal was net na hy gebore is! Het nou die aand geskimp dat hy hom bietjie moet bad en toe ek weer sien toe sit hy SAAM hom in die bad.. nou nie heeltemal wat ek bedoel het nie ;)

Kitty, oor die ore, die dr het laas vir ons sulke nice oordruppels gegee, kan nie die naam onthou nie maar dis 'n wit of deurskynende botteltjie met oranje proppie. Andersins al wat ek kan dink is (weereens) sister lilian se ear care remedy.

Jy kan maar enige tyd brag hoor!!! :) Dis soo cute dat hy dit kan doen :) Dis darem lekker as mens sien hulle leer en doen goedjies wat oulik is :) Ek konsentreer op die stadium net op loop.. Hy is vandag 15mnde en praat genoeg en is slim genoeg maar moet darem nou al bietjie stap ook! Hy het nou gister so 2 treetjies geneem van pappa na mamma en vandag so 2 na mekaar op die bank, so ek dink dis naby. Uiteindelik ;) Ek en my man kyk nou die dag na die milestones op babycentre en lag ons toe dood toe ons sien op 15mnde kan party babas al agteruit loop :) snaaks.. kan my kind asb net eers vorentoe loop? :)

Delucey, Sal duime vashou vir 'n goeie koper!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #62502 by Delucey
Kitty die dokter het vir haar antibiotika gegee... hy het gese as dit net die bronchitis was sou hy nie vir haar antibiotika gegee het nie maar omdat daar oorsteking ook was het hy antibiotika gegee. Daai Augmentin. en dan 'n spul meds vir die bors.

My seuntjie het nog nooit gehad nie maar hierdie is nou bianca se tweede keer... Ek onthou voor sy gebore is het hulle gepraat van 'n vaccine vir oorontsteking maar weet nie of dit al beskikbaar is nie.

Sjoe Bianca het baie tande. Seker so tussen 13 en 16.

Jy kan maar brag! dis goed... bianca stel nie belang om te kyk as ek vir haar goed in boekies wil wys nie, Sy wil self blaai... Sy doen darem ander oulike goed ;)

die huisverkopery gaan nog ;) Ai ek wens iemand wil koop dan sal dit ons lewe ook makliker maak. Ons hoef nie die huis te verkoop om 'n ander huis te koop nie maar sal help as ons die een verkoop dan kan ons 'n duurder huis koop :)

My man het nou aan die slaap geraak langs Eben en hier sit ek nog wakker met B... wens ek kon ook 'n vinnige middagslapie vang. ek moet in my volgende lewe 'n man wees....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #62483 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Sjoe Kimika, ek sal ook my gat los geskrik het!!!!! Ek raak al klaar op my senuwees as hy net begin om die trappe uit te klim!
Ek gaan sommer vandag my onderste kaste uitpak.

Delucey, wat het Bianca gedrink vir haar ooronsteking?
Lyk my darem Alex raak nou beter, maar ek weet nie vir hoe lank nie.. Hy kry nogal baie oorontsteking...

Julle, jammer as ek nou goed vra wat julle al geantwoord het, maar omdat ek vir so lank nie hierop was nie, is ek bietjie agter...

Hoeveel tande het almal nou? Alex het nog net 5!! :) Ek wonder wanneer die ander gaan uitkom..

Jammer julle, ek wil nou brag.. sorry! :blush:
Sjoe julle, dit voel asof Alex ewe skielik 'n hengse learning curve deurgaan.. Hy het so boek met 50 prentjies in. As ek vir hom vra waar is die "piesang" of wat ook al, dan wys hy na die regte prentjies. Hy ken al 50! :) En hy het dit net sommer ewe begin leer en verstaan.. hy praat nog nie veel nie.. het so 'n paar basic geluide vir verskillende goed. "maam" vir die maan, en dan "da, bang, Dang, Deng, tang, ta etc :)
Ek wil my doodlag!

Delucey, hoe gaan dit met die huisverkopery?

Junita, hoe gaan dinge daar by jou? :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62423 by Kimika
Dis wat ek hoop :) Maar dan is daar nou weer 'n hele spul familie wat verjaar in Feb, vanaf die 17de reg deur tot die 28ste!! .. hmm.. dit laat my dink, is volgende jaar skrikkel jaar? HOOP NIE SO NIE!

MY kind het 'n absolute obsessie met trappe klim en kaste uitpak. Het nou die dag by my sussie weer haar skoonmaakgoed kas uitgepak en die hele boks wasgoedseep op die vloer uitgegooi. En vannaand het hy homself misreken met 'n trap en bloukol op die kop en bloed lip :( Ek kan hom nie heeltyd dophou nie en hy is so waaghalsig en besef nog nie dat hy nie als kan doen nie :( Ek wil hom ook nie op piep en heeltyd met hom raas oor waar hy nie mag gaan nie! Eish!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62422 by Delucey
Hi Kitty bly om te hoor jy het jou vakansie geniet!

Bianca was siek maar is nou weer oor dit - het bronchitis en oorontsteking gehad. Maar ek sien gister en vandag peuter sy weer so aan daai oor so nou weet ek nie.

Ja Kimika ek sit alleen met twee kinders (meeste van die tyd) en dis regtig nie 'n grap nie. Maar wat soos mens aangaan werk jy vir jouself shortcuts uit en dan cope mens weer beter ;)

Sjoe ek kan dink dat jy geskrik het met die Jik storie... ouch dit moes nogal seer gewees het, shame. Dit is so iets gebeur so vinnig. Ek het al net gou in die opwaskamer ingeloop en weer uit en dan is juffie al weer halfpad op met die trappe! Ja my goed is ook nog in die onderste kas. Eben het nooit in daai kas gepeuter nie maar Bianca wil loer. Ai... ek het nie ander kaste om dit in te sit nie. Het net kaste onder... :(

Kimika dalk kom die een bietjie vroeer dan is die verjaarsdag darem in Februarie ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62413 by Kimika
Dankie julle!! :kiss:

Delucey, hy kry so nou en dan sulke tantrum sessies so ek kan net dink hoe erg dit nog gaan word. Maar my man hou aan se as die 2de enetjie daar is sal hy Pietertjie oorneem :) .. wil dit net nog sien :)

My datum is 2 Maart. Kan nie glo dat my 2 kids en my man almal in Maart moet verjaar nie!! Weet nou rerig nie hoe het ons dit regekry nie? :blink:

Kitty, sooo bly jy is terug, het jou gemis :S Maar ek is bly julle het so lekker tyd gehad! Kan net dink :) Alex klink so cute.. ek dink ons moet almal bietjie nuwe fototjies opsit van die kids. Ek laai nie meer rerig op facebook nie, dit vreet al my 3g op en ons het nie meer die ADSL nie.

Pietertjie is nou (touch wood) vir 'n rukkie nie siek gewees nie.. hou maar duime want hy hou mos heeltemal op eet !

Ek het vergeet om julle te vertel wat hy verlede Saterdag aangevang het!!

Ons was by my skoonsus-hulle, manne het rugby gekyk en ek en sy het sop gemaak. Ons het groot kombers vir goggie in die kombuis gesit met al sy speelgoed. Iewers het hy toe natuurlik haar kaste begin uitpak, ek het gesien maar nie opgelet nie. Volgende oomblik trek hy teen my broek en huil so mama mama, ek tel hom toe op en kon sien iets pla. Toe ek hom soen toe ruik ek iets soos jik en dieselfde tyd se my swaer wat gaan aan op sy broek. Toe sien ek sy hele broek en skoene en als is verblyk. Die kind begin toe natuurlik al blou moord skreeu en ek skrik my gat af! Ons hardloop toe met hom badkamer toe trek sommer die klere uit so in die hardloop. Tap water in en bad hom gou met dove seep. Hy skreeu toe natuurlik asof ons besig is om hom te martel, maar sy beentjies en nek is toe al rooi gebrand van die jik. Ek het toe nou niks ekstra klere daar nie en ons draai hom maar net toe in handdoeke en komberse. Ek is toe nou bang hy het ingekry en my man het die Poison centre gebel. Die ou se toe die ergste skade is gewoonlik die vel of wanneer hulle dit inasem kan dit die longe brand. As hy ingekry het sal hy aanhou huil en begin opgooi. Hy het toe teen daai tyd al opgehou huil en begin gesels en speletjies speel so ek het geweet hy is ok. Het hom 'n bottel melk gegee soos die ou gese het. Ons is toe dadelik huistoe en ek het hom met Aquious (sp) gesmeer en weer gebad. Sy een been en ken en nek was rooi gebrand en dit het die volgende paar dae so fyn lagie rofies gemaak. Shame dit moes baie seer gewees het! So dit wys nou net hoe vinnig gebeur so iets, veral as mens kuier en jou aandag is afgetrek! Ek het myself des dinges geskrik! So, vir die wat se skoonmaakgoed nog in die onderste rakke in die kombuis is.. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62408 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
HELLO JULLE!!
Ek het 'n vinnige boodskap geskryf toe ek terug is, maar nou weet ek nie eers of julle dit gesien het nie, want ek kan dit nie meer kry nie.
Anway... BAAAAIIIEEEE GELUK KIMI!!!!!!!!! JIPPIE!!!!!!!!! :laugh: :laugh: :laugh:
Jy beter ons maand vir maand op hoogte hou!!! Dis baie exciting, alhoewel ek nogsteeds dink dat jy baie moed het!! :ohmy: :ohmy:

Dit gaan goed hier. Ons is terug van Europa af. Dit was sooo lekker, maar ek het myself vrek verlang na my mannetjie..!
Moet se, London is glad nie meer so duur as wat ek dit onthou het nie. Ek het die niceste klere en skoene vir Alex gekoop - goedkoper as in SA vir baie goeie kwaliteit!! Dis mos nou hul winter uitverkopings, so ek was net op die regte tyd daar! ;)

Jammer dat ek nie op almal se posts kan reply nie. Ek het nou te agter geraak, maar ek sal van nou weer af gereeld post.

Dit gaan baie goed met Alex. Hy is net te cute. Hy slaap elke aand 13ure non stop.. Dis SOOO lekker! En hy hardloop soos 'n mal seuntjie in die huis rond! :) Hy het ook nou geleer om trappe te klim, so ek moet maar net keer, want eks bang hy val oppad op met die trappe!

Wie se babas is nog siek?? Alex het oorontsteking, maar hy is nog heel oraait. Eet net so bietjie minder, en so bietjie afgebollie hier teen 5uur die middag wanneer hy moeg raak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account