file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 3 months ago #60032 by Kimika
Junita, shame dalk het die medikasie vir haar blaas haar hardlywig gemaak? Het hulle vir haar inteflora of probiotika gegee ook? Shame!

Wow 9.5 is baie :) Hoe lank is hy nou? Pietertjie het ek nou nog nie hierdie maand gemeet nie hy was verlede maand nog 74cm. Maar al sy broekies is te kort so hy moes darem 'n cm of so gegroei het! Sal by my ma hom bietjie met die maatband bykom. Sy kop groei nog elke keer.

Delucey, my man het op 'n stadium geweier om ons huis te laat skou. Dit kos mens se hele middag op 'n naweek en almal wat net verveeld is op Sondae ry rond en kyk huise en steel idees.. niemand koop nie!

Kitty, hou jy te lekker vakansie??? Ons mis jou jong!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60018 by Delucey
bly om te sien ons chat is weer aan die go!!

kyk Junita ek verdien nie sulke stout kinders nie... ek was 'n soet dogtertjie ;)

Kimika ek het nou die week maar ophou stry met bianca en nog 'n tweede nap... probeer nou dat sy bietjie later nap. vandag nie te sleg gegaan nie so van kwart voor 11 tot half 1 toe genap. Maar vanaand wou sy weer nie slaap nie!! Haar eers na half 9 aan die slaap gekry.

Nee ek dink nie die vrou wat vandag kom kyk het stel belang nie. Maar ek dink ook partykeer die eiendomsagente skou soos hul alies... weet nie aldag hoe om met mense te werk nie dink ek.

Wat se die suster van sy kop wat nie gegroei het nie? Ek moet eintlik kyk na bianca se chart. Maar ek dink tog op 'n stadium moet hul koppies en lywe meer in proporsie in groei so ek glo nie dis iets om oor te worry nie.

Ai tog dis nou 'n storie met T se magie. Ek hoop die meds werk darem gou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59992 by junita
Replied by junita on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Delucey hoe dit toe met die huisskouery gegaan ? Nog niks nuus nie ?

Wonder hoe gaan dit met Kitty en Alex ?

Kimika het laas week vir Luan gaan inent en toe weeg ons hom, wel nou met al sy klere en doek (? kan seker nie 'n groot verskil maak nie), toe weeg hy amper 9.5 kg, so ek ook "impress", maar sy sê hy gaan maar 'n lang outjie wees as sy die chart so dop hou, maar nou groei sy koppie weer nie ? wel ek dink hy het altyd 'n groterige koppie gehad so miskien groei sy lyfie nou sy koppie in ? ag ek weet oki ?

Anyway ek voel baie beter. Maar nou sukkel ons weer met Telitha om te bollie, sy seker 'n week laas gebollie en dr haar goed gegee vir die maag toe sy laas by hom was vir die blaasstorie, toe sê hy dit lyk vir hom of sy hardlywig ook is ? Kan nie glo ek sukkel nou met my gesonde kind so nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59339 by Kimika
Ja ons chat is vreeeeslik stil!! Ek is elke dag op moomie dan is ek skoon eensaam.. wil nie elke dag post nie want dit voel vir my of ek met myself praat :)

Junita, shame jy het alweer 'n rowwe tyd agter die rug! Darem slaap jou outjie goed :)

Delucey, ja die tantrums is DEF ook deel van ons dag!! Maar ek het rondgevra en dit klink heel normaal vir hulle ouderdom.. so hier begin die moeilikheid :)

Is Bianca nog nie oor na 1 slapie per dag nie? As sy nie meer in die middag wil slaap nie los haar dan dat sy net laat oggend doedoe. Dan in die middag sit jy haar net iewers waar sy rustig is sonder stimulasie sodat sy kan *recharge*.

Julle ek is sooo bly :) :) Pietertjie het gisteraand op die skaal 'n volle 9kg geweeg!! En hy het omtrent uit al sy winter klere gegroei. Ek is so bly daaroor!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #58751 by junita
Dit raak baie stil, hoop nie ons chats loop dood nie :( !?

Hehe Delucey ja Luan ook maar 'n humeurtjie, een van ons vriende sê altyd vir ons onthou ouers verdien hulle kinders ;) , wel hulle nog nie kinders nie, sal eendag lekker vir hulle lag.

Luan slaap weer die laaste tyd goed in die oggende, amper 2 ure en dan weer enige iets van 7 uur die aand, so paar keer wakker, maar niks ernstigs nie :).

Aai julle na Telitha se drama met die blaasonsteking is ek weer af siek by die huis met griep, voel al beter, nog more by die huis bly dan behoort ek reg te wees.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #58602 by Delucey
Snik... is ons chat nou besig om dood te loop??

Kyk die nap in die dag raak nou 'n probleem Bianca wil nie meer in die middag nap nie maar is hier teen 5 uur half ses so mislik en klouerig. wil haar nie daai tyd laat nap of slaap nie! Ai...

Hoe is julle kiddies se humeurtjies? Bianca het beslis haar ma se beneukgeit geerf... slaan my sommer!

en ons is nogsteeds besig met die huis skouery en huis soekery :(

kom more weer iemand kyk so hou duim vas!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #54160 by Kimika
Ja kyk die etenstye is nou nie my gunsteling tyd van die dag nie.. ek moet gewoonlik ons altwee ander klere gaan aantrek want hy eet 3 happies en klap die volgende 10 wat oppad is na sy mond weg.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account