file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 3 months ago #62295 by Delucey
Baie geluk Kimika!!! Ek se ook julle is braaf maar jy is nou in die ding so geniet elke oomblik... hmmm as meneertjie twee is begin hy met sy tantrums hehe Alhoewel ek moet se bianca sommer al klaar begin het - dalk is sy teen die tyd wat sy twee is oor dit :) Het julle uitgewerk wanneer die due date moontlik sal wees?

Jy moet ons op hoogte hou van hoe jy voel ens.. ai ek mis die skoppies die meeste maar nou ja ek is nou klaar met kiddies sal nie weer swanger wees nie.

Wel laat ek maar gaan inkruip sit nou en koud kry en Bianca was al 'n paar keer wakker so ek sien 'n rowwe aand voor my. My man darem more aand hier so dan moet hy kiddies kyk dat ek in 'n lekker warm bad kan le en ontspan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62284 by Kimika
Eintlik Melinda freak die idee my heeltemal uit! Maar ons het dit lankal al besluit en ek het alle kante toe probeer uitstel maar nou is ons daar :)

Maar ek is seker ons sal cope as ons daar is... gaan nie te veel verder daaroor dink of worry nie :) Ek kyk net so nou en dan na ander mense se 2 en 3 jariges dan word ek benoud! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62281 by Melinda_K
Hi Kimika,

Baie Baie Geluk jong, die kleintjie gaan jou sommer baie vreugde bring net soos jou klein man.

Moet se jy is baie braaf om die twee so naby aan mekaar te he, maar is seker jy sal sommer wonderlik wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62242 by junita
Kimika dit is nou goeie nuus jong !!!!!!

Hehe vir die groot kop, dit is wat ek ok gedink het.

sterkte vrou

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62228 by Kimika
Junita, dit moes vreeslik vir haar gewees het om so te voel :( Gelukkig is dit ook nou verby. Jitte ja 81cm is lank! Ek dink sy kop is ok. Dis dieselfde as Pietertjie sin en die suster het gese hy het 'n groot kop :)

Ek was ook 'n soet kind, baie rustig. My man was 'n terroris uit die boonste rakke :) My seuntjie is ook redelik rustig - SOVER !

Delucey, ons gaan die 30ste bietjie Ballito toe, lekker by die see. Maar ons gaan dalkies 2 aande in st Lucia kamp.. sal maar sien :)

Julle ek het goeie nuus: Ek het piepie toets gedoen en is swanger. Gaan volgende week vir bloedtoetse. Shoe.. hier gaan ons alweer :) Maar ek en my man gaan dit 'n geheimpie hou tot so 8 of 12 wke voor ons vriende en familie gaan se. Ek mag net my moomie maatjies vertel ;) Ons het die vorige keer dit sooo gou uitgelap en die keer wil ons net eers bietjie die geheim alleen geniet :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61196 by junita
Die dokter gesê sy was hardlywig voor sy blaasinfeksie gekry het, dit is die hardlywigheid wat die blaasinfeksie veroorsaak het, dermpies te oorvol en druk op blasie en dan word blasie nie altyd ten volle geledig nie ?? Maar die magie uiteindelik gegaan..shame sy sê vir my dit was nie vir haar 'n lekker daggie nie, sy en haar maaitjie het so lekker gespeel en dan moes sy heeltyd vir haar sê wag gou ek moet gou toilet toe gaan :) . So hopelik is daai probleempie ook iets van die verlede.

Delucey... ek stem saam ek was ook 'n soete kindjie, so die probleem moet my man wees :laugh: .

Kimika Luan se lengte is 81 cm en sy kopomtrek 46.9 (dieselfde as op 9 maande en op 'n jaar).
Die suster het sy kopomtrent geneem toe sê sy sy wou gou weer kyk, toe sê sy nog dit baie snaaks, dit is dieselfde as toe sy wil net 'n 3de keer weer seker maak....sy bietjie onseker gelyk toe sy dit die 3de keer confirm, maar toe sê sy dalk was die vorige kere verkeerd geneem, so ek weet nie eintlik of dit bekommerenswaardig is nie, maar sal op 18 maande hom weer na dieselfde suster neem en seker maak sy doen dit weer 3 keer hehe.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60037 by Delucey
Ja ons is ook nie op die stadium baie lus vir huis op sondae skou nie. So die agente bring maar deur die week die mense om te kyk. Wel ten minste bly my huis so netjies :P

Kimika ek het op FB gelees julle gaan see toe waarheen gaan julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account