file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 3 months ago #52803 by junita
Luan darm halfpad gesond....ons hele huisgesin was siek en dit voel of dit weer begin, my man was glad dr toe, en hy sê ons steek mekaar die heeltyd aan, my man antibiotika gekry, so sal sien ...

Dink ek ok nie hy gaan gou loop nie, maar ten minste dink ek hy het vinnig ingehaal met die ander milestones, hy staan darm al op teen goed en los partykeer sy handjies en dan is hy darm wintie :) .

Hy gooi ok al van vroeg vloermoere, kap ook so sy koppie soos Eben, of val sommer net neer en skree ! Speel ook nie sommer op sy eie nie en die laaste tyd is dit 'n mission om hom te voer, hy slaan nie kos dat dit so trek...aai

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #52801 by Kimika
Pietertjie raak vreeslik kwaad dan begin hy skree, trek sy gesig soos Chuckey dan gooi hy of klap watookal naby is en begin huil, dan volg die op die grond neerval en rondrol.. dis eintlik skreeusnaaks maar hier na die 3de rondte lyk dit asof hy 'n aar in sy gesig gaan bars. :(

Wanneer begin die terrible 2s?? Sekerlik kan dit nie nou al wees nie??

Gewoonlik kan hy nogal lank self met sy karretjies en goed speel.. partykeer tot 'n uur lank maar nie die laaste 2 dae nie!! Hy wil heeltyd opgetel word dan sit hy so lank op my skoot of ek moet hom orals saamdra waar ek in die huis gaan..moes nou die dag pp met hom op my skoot :( Ek dog sulke dinge raak makliker hoe ouer hulle word! lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #52763 by Delucey
Ja ek mis ook die chats maar hopelik sal ek nou weer bietjie kan post... is ook nog alleen met die kids elke aand so ja dit gaan rof. het hulle vanaand darem vroeg in die bed gekry so dis 'n bargain. ek wil nog gaan probeer om 'n lekker bad te vang ook!

Kimika soos wat jy nou klink of jy stres oor Pietertjie se lopery so begin ek nou nogal worry oor Bianca se pratery. En sy wil net heeldag op my skoot sit en wil nie speel tensy ek ook sit en speel nie. So ja ek kry nogsteeds nie veel gedoen nie.

Hehe Bianca is ook deesdae so moody mens kan met haar toor en as sy kwaad word dan byt sy my - of watookal naby is! Het gister die deurkosyn probeer byt! :unsure: Boetie het op 'n stadium sy kop so teen als gestamp so hopelik kry ek die byt so gou uit haar uit soos wat ek die kopstamp uit ouboet gekry het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #52702 by Kimika
Helloooo julle!! Aaai ek mis julle, kom elke dag loer of iemand nie dalk rond is nie, anders voel dit ek chat met myself heeltyd :)

Junita, geniet jou tydjie by die huis!! Hoe gaan dit met Luan? Hoe ver dink jy is hy van loop af?? Pietertjie wys nog niks tekens van loop nie en ek weet nie wat om te doen om hom te *help* nie! Hy is darem al 14 1/2 maande!!

Delucey, shame man.. bronchitis en oorontsteking is 'n vreeslik kombinasie :( Hoop sy word gougou beter!

Pietertjie is gister en vandag in so 'n kwaai bui! Hy vergerg hom vir die kleinste goedjies.. gooi karre rond as hulle wielietjies nie reg wil draai nie.. so ek wonder wats fout met die outjie.. hoop nie dis die begin van daai oogtande nie :(

Wanneer kom Kitty terug? Hulle geniet hulself seker gate uit!!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #52458 by Delucey
ja ek ook gedink hier word min gechat maar ek moet se dit gaan dol. Ek het Bianca toe vrydag by die dokter gehad en sy het bronchitis en die begin van oorontsteking... so ja ek het dit rof gehad

anders as dit is daar nie veel nuus nie... ek het vrydag weer 'n shoot gedoen van 'n 10 weke oue babatjie en het dit baie geniet...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #52432 by junita
Replied by junita on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Julle is darm stil ??

Ek die week af en lekker rustig by die huis, reënerig en koud maar ek mal daaroor :) .

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #47744 by Kimika
Hi Junita.. lekker dat jy bietjie inloer.. maar toemaar ek verstaan dis partykeer moeilik, my man moan ook as ek hom afskeep oor ek op die laptop is!

Ek dokter lekker vir Pietertjie .. ek gee hom 2keer per dag viral guard stroop, 3keer 'n dag Demazin en dan as ek sien hy is knieserig gee ek hom Calpol. Dan nebulise ek hom ook en sit Karvol in die humidifier. Dit lyk of dit als werk want sy kroep hoes is weg, nog net neusloop en koors oor. Hy het darem nog nie ophou eet soos gewoonlik nie... Dis die ergste vir my want ek is al gewoond aan die min slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account