file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 3 months ago #44344 by Delucey
Ek ken glad nie boer soek 'n vrou nie, ons het nie mnet of dstv nie. Ek weet nie waar kry julle nog tyd vir so baie tv kyk ook nie ;)

Julle die agent het vanoggend gesms en gese die mense hou van ons huis en sal hom binne die volgende paar dae laat weet wat hulle besluit het. Ai hou duim vas asb! Dan kan ons begin rigting kry..

Kimika ek het vir Bianca ook die Viral guard begin gee. sy wou eers nie drink nie maar toe drink sy. ek gee dit sommer met 'n inspuiting - dis minder morsig as 'n lepel of drupper!

Kyk vandag moan sy net een stryk deur. Het haar so bietjie vroeer laat nap vandag so hopelik help dit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #44111 by Kimika
oooo Kitty julle moet dit BAIE geniet!!!! Pak maar vir jou 'n paar fototjies van Alex in.. shame jy gaan lekker verlang ;)

Ja boer soek 'n vrou was pateties die vorige seisoen, maar dit maak dit partykeer nog lekkerder om te kyk :) hehe..

Delucey, hoop julle kry sommer vinnig 'n aanbod! Ek het die laaste keer toe Pietertjie siek geword het vir hom Viral choice stropie gekoop en dit het baie goed gewerk, as hulle siek is gee jy dubbel dosis en andersins net 5ml per dag. Dit help vir die immuniteit.

Pietertjie het die laaste 3 dae tussen 2 en 3 ure lank geslaap.. hehe.. ek maak gordyne toe en sit die heater aan en hy kry 'n warm melkie voor slapie :) Maar die aandslapery word hy nog so 2 of 3 keer wakker.. maar darem speel hy nie meer nie, hy gaan slaap omtrent dadelik weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #44104 by Delucey
hallo julle!

ek is gedaan... Bianca is siek en slaap baie sleg op die oomblik. hoes en loopneus ens. En ek het vandag alweer huis moes blinkvryf vir potensiele kopers. So ek hoop regtig hulle stel belang want ek weet nie hoe lank ek nog so sal kan aanhou nie. Om so 24/7 alleen met die kinders te sukkel is regtig nie 'n grap nie!! :blink:

Kitty ek is sommer jaloers! Jy moet dit geniet.

Sjoe Melinda... wat is jou geheim om Kyle so lank te laat nap op een slag!?

Wel ek dink ek gaan maar vroeg inkruip vanaand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #44086 by junita
dammit ek kom self so min hier en het sopas my hele week se verrigtinge getik toe verloor ek als...

Kitty geniet elke oomblik, Alex sal die kuiertjie ook geniet by oumahulle :) .

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #44077 by Melinda_K
Hi Julle,

Was maar 'n bietjie lank laas hier. Kyle slaap 1 keer per dag. Van 9:30 tot 1 uur toe so ek is darem gelukkig daar.

En dan gaan hy 7uur bed toe en word so 6:15 wakker.

Kitty jy moet Europa baie baie geniet, en jy moet vir ons kom kikkies post waneer jy terug kom. Vir hoelank gaan julle weg?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #44049 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Hello julle
Sjoe, almal is maar stil.. ek weet ek ook...
Was mos in Franschhoek vir 2 dae. Was so lekker, en die weer was baie nice. Het baie gaan stap met Alex en my hond.

Kimi, ja ek het toe 2 clips gaan koop! :) Ook sommer so 'n paar ander gadgets vir veiligheid.! :woohoo:

Julle, ek gaan mos Saterdag Europa toe. Ek sien SO uit! My mahulle kom more vir Alex haal. Ek sien so uit, maar dink ek gaan my dood vrekverlang na hom!!! :(
Maar sien uit om laat te kan slaap, en movies te kan kyk tot wanneer ek wil in die aand! :P

Ek wag nou dat Boer soek 'n vrou begin... moet bietjie kyk wie hullle hierdie keer gekies het... Ek was nie so impressed met die laaste seisoen nie, so hopelik is hierdie een beter..!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #41443 by Kimika
Kitty kon jy een van daai clips kry?

Delucey, ja dis 'n probleem.. ek moes nou al 'n paar keer vir Pietertjie saamvat as ek gaan kliente sien maar dis eintlik onmoontlik! Hy cruise al langs hulle meubels en sit die tv aan en af en eet hulle klippies en jaag hulle honde.. nie almal waardeer dit nie! Maar ek moet se dat meeste van my kliente my goed genoeg ken en sien eintlik uit na 'n kuiertjie :) Maar nuwes def NIE!!! lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account