Hi julle!
Dis lekker om te sien dis so lekker besig hier vandag!
Welkom hier Jame! Jys op die regte plek, hoor. Al die dames hier is pragtig en vat jou net soos jy kom. Ons huil en lag lekker saam... Sorry ek vra nou - wat is TI?
MommyMe! Ai - so jammer jou siklus is so mal... Gaan jy dr sien een of ander tyd? Dis darem net te vreemd?
Nellatjie! Bly dit voel of die meds sy ding doen! Seker dis jul maand die! Geniet die honeymoon wekie
Bytjie! Jy scan more! Amper amper! Weet sommer dit gaan als positef lyk!
Hallo aan al die ander, hoop dit gaan goed!!
Afm, kom nou net vd dr af. Ek wil eintlik huil, maar moet seker die positiewe sien. Als lyk presies die selle as laasmaand. Follie nie so groot soos sy gehoop het nie en endo weer dun. Sy se vorige siklus was kort want endo het moontlik nie goed ontwikkel nie oor ovulasie ook nie optimaal was nie, so alles het sommer vroeg afgekom. Maar daar is natuurlik nou die kans dat follie nog mooi sal groei en endo reg sal verdik... Nuwe voorskriffie gekry vir 5mg femara ook volgd maand.