Helllloooooooooooooooooooo!
Ek los julle vir so paar maande en as ek terug kom sien ek niemand meer wat ek ken nie!!!!! Waar is julle!!!!! {Zarah, Bea, Laggoggies, Hopeful, Chrizzie, Noami??????
Baie welkom aan al die nuwe dames!

Hoop al julle drome word waar! Glo my dit sal! Ek verstaan al die hartseer en aaaal die trane! Dit sal beter word!
Ek val net gou in by die deur, die girls wat al lanker op die forum chat sal weet ek het verlede Jaar Nov deur my 2de onsuksesvolle IVF behandeling gegaan, en het so rukkie van alles vergeet wat te doen het met Baba's!
Girls, wonderwerke gebeur! Ek & my man het intussen huis gekoop, en net sommer lekker begin fokus op wat ons alles wil doen in ons huis en wat ons waar wil he... En BAM --- Die 31ste JAN vind ek uit, dat ek spontaan swanger geword het! Sonder enige behandeling, medikasie, Dr's wat oor en weer vir my gese het daar is geen manier behalwe IVF nie! Moet nie hoop op gee nie, le dit neer by SY voete! En los dit net daar! Ek is 'n lewendige bewys dat God gebede verhoor!
EK is vandag 6-7 weke swanger en alles verloop klop dissel boom!
Sterkte met julle behandelings, en probeer die Journey geniet ook! Mens stress jouself so op oor goed wat buite ons beheer is!
Lalie x