Goeie more dames,
Lagogies, dink aan jou vandag
Naomie, ek het ook nog net 3 weke oor. sterkte vir die laaste bietjie werk vir die jaar
Baby, baie sterkte met die naar. vir my was die moegheid die ergste gewees. dit is baie normaal om so te voel. jy sal baie beter voel na die 1e besoek. vir my was die heel ergste dai wag tussen die 6 weke en 12 weke scan - bygese my miskraam was op 10 weke.
Bea, sterkte met die dieet. mag dit sommer baie goed gaan vir jou.
Zarah, well done om so vroeg al in die gym te wees.
Lizzie, dis darem maar vreeslik hartseer.
en ja, daar is verseker hoop vir jou.
dis omtrent 'n goeie ding dat almal nou die dieete aanpak, dan is hier mos baie motivering. ek sukkel my vrek net om stysel uit te sny. 'n sny brood is net so maklik.
hallo aan al die ander dames.
AFM, gaan goed by my. my gynie se spreek kamer het my gister gebel en gese die dr hat haar arm gebreek en gaan vir 6-8 weke weg wees. daar is nou 'n instaan dr. so my afspraak het nou geskuif na 27 Nov by die instaan dr. ek weet nou nie of ek lus is vir 'n ander dr nie, mens is mos gewoond en gemaklik met 1 dr. veral met sulke privaat/sensitiewe dinge nie dinge. ek was nog altyd net by die 1 dr.