Hi almal
Sjoe ek voel nie lekker nie, sinusdrip en snotneus...voel of my keel en ore ook wil seer word. Dit reen orals behalwe in die Noord-Kaap, julle verstaan nie hoe droog dit hier is nie

Laas jaar het ons ook amper niks reen gehad nie....ek bid elke aand dat die sluise van die hemel oor ons sal oopgaan...
Sterkte aan die wat in die Kaap is, ek sien op Facebook al die oorstromings, veral in Somerset Wes.
baby, ek weet toe ek vroeer gechat het, het van die nuwe swanger mammas sommer nog vir 'n paar weke bloedtoetse laat doen, net om te sien dat die telling meer raak

Jy betaal vir dit, so go for it hehe!
YolindyJ...sterkte vir Maandag....laat weet ons of AF opgedaag het of nie!
Waar is joo-ste ???????????????????????
Ek sien adore se op die ander thread Carte Blanche het more-aand 'n deel oor aanneming en die red tape, gaan dit beslis kyk!!
More word ons boeta ingeseen

Hy is nooit as baba gedoop nie, en nou het ons 'n wonderlike kerk en pastoor gevind, so net so voor sy 7de verjaarsdag, gaan hy ingeseen word! Glo my, ons het baie vrae gekry oor "wanneer doop julle vir Jayden"...en al het ek in die NG Kerk groot geword en daar getrou, voel ek baie meer gerus in my hart oor wat more gaan gebeur.
Gynie het mos laaste gese ek ovuleer nie, maar klokslag elke maand het ek AF, en selfs voor OV die egg-white afskeiding en als. Snaaks hoe mense se liggaam doen wat hy moet doen, maar terselftertyd ook nie
Wel...laat ek eers weer groet...julle moet julle naweek geniet! Ons gaan vanaand die kersboom posit en versier...kyk ne, kersversierings is my swakpunt...my ogies glinster en ek raak sommer op 'n high as ek so deur al die rakke loop LOL
O ja...so gaan koop ek vandag skoolklere vir die toekomstige Graad 1..toe tref realiteit hom mos nou en al wat hy se is "ek wil nie laerskool toe gaan nie"

Hier is sommer 'n foto van my sexy seuna