× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 10 months ago #244300 by Engelalr77
Hi Dellie

Dr Niemand is ook 'n spesialis. Ek was ook op die Gonal F gewees.

Ek en my man het gesels en besluit ons sal bly by die Dr wat nou ons geskiedenis ken. Op die ou end is dit ook nie rerig die Dr wat die eier laat heg nie dis maar genade van bo. Ons is tevrede met die Dr - sy ontvangsdame aan die ander kant is 'n heel ander storie. Sy het my vreeslik onstel die dag toe ons uitgevind het die procedure was onsukseksvol. Sy wou vir my eers 'n afspraak gee 4 Desember om dit met die Dr te bespreek. toe ek vra of sy nie 'n plan kan maak met 'n ander afspraak nie aangesien ons nounet deur procedure is en dit met die Dr wil bespreek was sy bitter ongeskik met my. Die ander dame wie met die ivf pasiente werk het my toe later geskakel en vir my 'n afspraak gereel vir Maandag. Ek dink rerig Dr se personeel moet darem sensitief wees teenoor die pasiente. Mens is maar broos.

Me; 36
Low AMH, endometrioses, low motility sperm;
Sept 13 - ivf no eggs
Okt 13 - ivf BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #244299 by LizzieJvr
Dankie Naomi en Bella..

Ek sal weer na my FS toe gaan.

Lekker daggie vir julle almal.

Me: 35 PCOS
DH: 38

TTC: Since Jan 2011
Nov 2012 - Jun 2013 - Fertomid, Menopur, Glucophage +- 5 Cycles
Jun 2013 - Laparascopy and Ovarian Drilling
Jul 2013 - Laradex
Still No Ovulation
POA: Trying to loose weight and then IUI in Mei/June
Still not pregnant. Took a gap for 5 years.
Oct. 2018 - Want to start TTC Journey again.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #244296 by Bytjie
More dames, hoop dit gaan goed met ieder en elk van julle.

Lizzie, dis soos Bell sê, jy sal baie goeie raad en hope inligting hier kry maar die beste sal wees as jy 'n gyne gaan sien, maak sommer nou al vir jou 'n afspraak vir vroeg volgende jaar.

Snoekie is jy nog met ons, jy's darem vreeslik stil die afgelope tyd.

Dellie, hier aan my kant is daar ook geen, niks, nada, zilts nuus nie, kan net nie meer wag vir more oggend nie.

Lekker werk en geniet die dag, DAAR'S NOG NET 'N MAAND OOR VAN WERK :rock: :rock: :rock:

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP
The following user(s) said Thank You: LizzieJvr

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #244295 by Twinkle
LizzieJVr - ek stel voor gaan na n gynie of FS jy kan Femara Laradex ens net op voorskrif kry dit is alles maar dieselfde, die Dr gaan moet monitor watse dosis jy nodig het , sonar en bloed omte bepaal presies wanneer jy ovuleer . Ek het bv die eerste maand net 50mg gedrink en glad nie met dit geov nie, die maand daarna het dr 100mg voorgeskryf en van daar ovuleer ek. En ek ovuleer ook baie laat in die siklus so mens kan nie aanneem dat dit net gaan werk nie. Dit is nou net n "kwessie van swanger" raak.

Bea, Zettie, Zarah , Nella, Kayla, Dellie Hopefull , Lagogies , Sexy hexy, EN Naomi wees gegroet, HOop dit gaan goed met elke liewe een van julle die wie se name ek nie genoem het nie jammer maar julle is ook gegroet.

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June
The following user(s) said Thank You: LizzieJvr

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #244294 by LizzieJvr
Dankie Dellie. Dit help nogal baie om dit te weet. Ek is nogals onkundig met dit. So dit help baie. Wil van volgende jaar volstoom probeer. So dan is dit soos volg: los die pil, gebruik Provera tot AF kom. En dan Femara of Laradex? (Wat is die beste?) En dan seker net monitor vir ovulasie?

Me: 35 PCOS
DH: 38

TTC: Since Jan 2011
Nov 2012 - Jun 2013 - Fertomid, Menopur, Glucophage +- 5 Cycles
Jun 2013 - Laparascopy and Ovarian Drilling
Jul 2013 - Laradex
Still No Ovulation
POA: Trying to loose weight and then IUI in Mei/June
Still not pregnant. Took a gap for 5 years.
Oct. 2018 - Want to start TTC Journey again.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #244292 by Dellie
Baby - baie geluk met jou BFP. Mag jy 'n wonderlike en gesonde swangerskap he. Ek is ook 'n "maer" pcos en het vroeg Desember my eerste KI.

Engela - ek ken nie vir Dr Niemand nie. Is hy 'n gewone Gynae of 'n FS? Ek was van Maart tot Oktober by 'n gewone gynae by Unitas hostpitaal. Ek het 'n laparoskopie en ovarian drilling by haar gedoen en alhoewel sy my nog net goed behandel het, is ek nou nog nie swanger nie. Ek het Oktober vir Dr Pentz by die Kloof gesien en ons is mal oor hom. Vrouens wat al by hom is, noem hom Dr Strikdas - hy dra elke dag 'n strikdassie werk toe! Hy weet wat hy doen. Hy is net 'n fertiliteits spesialis en sy missie is om jou swanger te kry - hy het net baba fototjies oral in sy spreekkamer van vrouens wie hy al gehelp het - dis amazing. Ek is nou weer op Provera en as AF kom, sal ek seker weer Femara kry asook Gonal F - voorheen was ek op menopur maar die Dr Pentz se die Gonal F werk beter. Dan doen ons KI hierdie maand. Ons het nou bietjie meer vertroue en hoop en Dr Pentz het ook gese hy gaan nie moed verloor nie.

Ek kry gewoonlik ook progesteroon (uterogestan) net na ovulasie want ek begin spot/bloei 'n week na ovulasie, so dit help baie.

Baie sterkte vir jou!

Lizzie - as jy ttc, moet jy eerder Provera gebruik want dis nie 'n voorbehoedmiddel nie. Dis nie te duur nie - vir 5 pilletjies is dit so net oor die R30.

Sexy-Hexy - Voel beslis dieselfde - die vakansie moet nou baie vinnig kom. Hierdie jaar is nou te lank.

NaomiB, Bea, Lagogies, Bell, NellaK, Zettie..Hallo!

AFM - niks, nada, zilch nuus! Drink vannaand laaste provera en dan wag vir AF.

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]
The following user(s) said Thank You: LizzieJvr

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #244288 by Lagogies
Engela ek gaan vir jou antw soos ek opgelees het oor die progesteroon met ivf en hoekom mens dit drink.

In die normale siklus vorm die follies mos. As jy ovuleer bars die follie oop en die eiertjie kom uit. Maar daai follie vorm dan corpus luteum (wat geel liggaam beteken - dit het geel kleur). Die doel van corpus luteum is dat dit begin progesteroon vrystel. Dit keer dan dat AF nie kom nie. Implantasie vind plaas na bevrugting. Sodra implantasie plaasvind begin, begin plasenta vorm en dis dan waar die hcg vandaan kom ( word deur plasenta gevorm)

In ivf siklus word die follie beskadig en saam met eiertjie afgesuig. Daarom skryf hulle cyclogest voor ( wat progesteroon is) as jy nie die aanvulling kry nie sal AF baie vinnig opdaag. My gyne skryf cyclogest voor van die dag wat egg retrieval gedoen is. Ek onthou iemand het nogal laat begin die maand met cyclogest ( kan nie onthou wie nie sorry) as ek reg onthou op dag 4 eers. Die bkoefing jan van lae progesteroon of hormonale wanbalans wees.

As dit na dag 6 is kan dit implantasie wees. Dit gebeur soms dat jy n BFN kry maar dat implantasie gebeur hetmaar dat babatjie afkom omdat daar n probleem is, bv chromosomaal

Ek stem saam met Naomi dat jy dit vir jou FS moet noem. Hy kan dan besluit of hy behandeling wil verander, hormone toets of watookal.

Baby baie baie geluk! :woohoo:

Al die res wees gegroet

AFM baie besig by werk. Inteendeel druk besig

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account