Lizzie - Ek het Femara gebruik. Die eerste siklus was 2.5mg en dit het absoluut niks gehelp. Hierdie siklus het ek 5mg gebruik en daar was net 1 follie en dit is nou my baby to be. So, ek hou van Femara. Baie beter as Clomid.
Yolindi - Dit is maar altyd beter om te wag tot na AF. En as jy die wilskrag het om uit te hou, byt dan eerder vas.
Naomi - Ek weet dit is beter om by een dr te bly oor hulle jou geskiedenis ken, maar ek het vorige siklus my dr verander oor ek gevoel het my vorige dr het net my tyd gemors en nooit aandag gegee aan die probleem nie. En die nuwe dr het my swanger gekry in die eerste maand.
Stella - Dit voel of die nuus nooit gaan insink nie. Ek POAS nog elke oggend

, net om seker te maak hy is nog daar. Het vandag vir die opvolg bloed gegaan, maar my dr se ek moenie te veel worry oor die bloeduitslae nie. Dit was 'n positief en dit is goed genoeg vir nou. Uitslae sal seker more oggend uit wees en dr sal bel as iets fout is. Maar alles lyk goed. Ek sal sondag eers 4 weke wees, so dit is als nog baie nuut. Maar ek is klaar lief vir hom/haar
Aan almal. Lekker naweek. Hoop almal kry lekker gerus