sjoeeeee ek was baie lanklaas hier op. ons internet was weg gevat by die werk
maar helllooo aan almal!!!!! ek het nou net so vinnig probeer deur als lees wat ek gemis het, en sien hier is 'n paar babatjies oppad

baie baie geluk.
Wel hierdie naweek het ek uitgevind my skoon sussie is 6 weke swanger. sy se nog altyd sy wil nie kinders he ens nie, en sy en haar ou is nou eers soos 3 maande saam. En dan gister toe hoor ons my skoon niggie is 3 weke swanger (sy het ook gesukkel en haar kanse was baie min om swanger te raak). Ek is soooo bly vir hulle, maar gistraand het als net te veel geword en ek het uitgebars in trane. My hart was so seer dat almal om my swanger raak, en ek word net nie. IS DIT NORMAAL om so te voel? my man het probeer troos soveel hy kan, maar ek kon nie ophou huil nie. En ek het al aan depressie gely, en dit voel of dit weer terug kom!!! want net laas week het ek 'n BFN gekry. en nou word almal om my swanger.
En soos ek op my vorige post gese het, ek is 24 jaar oud, en was nog nooit by 'n ginekoloog nie, maar het vanoggend vir my 'n afspraak gemaak vir die 25ste November. MY EERSTE KEER, EN EKS VREK BANG!!!.
Ek hoor hy is briljant, en ek ken 3 meisies wat hy gehelp het met swangerskappe, na hulle ook lank gesukkel het, my skoon niggie ingesluit. So ek weet dit is vir die beste, en hopenlik kan hy my ook help.