× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 9 months ago #253512 by Meisiekind
Môre julle

Die aaklikige ou tannie met die rooi kar het vanoggend haar gesig kom wys. Dit beteken ov moes 2 dae later gewees het as wat ek gedink het. :headbang: Ek is eintlik verlig die sieldodende gewag is nou oor, want nou kan ek ten minste fokus op die vakansie wat voorlê sonder om heeltyd te dink aan al die what-if's en maybe's. En die vakansie gevoel sit mens sommer al klaar in 'n beter bui ten spyte van die groot terleurstelling.

As mens nou vir die silver lining soek, ten minste kan ek ook nou my IBS medikasie vat, want o genade, was my maag gister seer gewees. Het al vantevore gesien dat my spastiese kolon vererger wanneer daar hormoon skommelinge is, so dit verbaas my nie dat dit op dieselfde tyd as AF is nie. En ons DS was gisteraand so moeilik met 'n oor-en-keel infeksie, dat ek later amper vir ML iets aangedoen het. Het darem later om verskoning gevra en verduidelik dat die pyn my teen die mure uit dryf. So hy was verlig toe ek vanoggend my IBS meds vat.

Ek en ML het besluit om gedurende Des vir een laaste keer Fertomid te probeer. Dis beter as om nou oor die vakansie tyd ander opsies te oorweeg. Ons behoort al op vakansie te wees wanneer dit ov tyd is, so ons kan bietjie ekstra effort insit die keer. :blush: As dit nie werk nie gaan ek middel Januarie terug na my FS om te sien wat is volgende.

Sterkte aan almal wat nog wag om te toets - ek hoop ons kan ten minste 1 of meer BFPs uit hierdie groep kry die maand! :heart: :heart:

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253511 by DieSwartKat
Dis great!!! Ek hoop dit beteken daar wag 'n BFP vir jou hierdie naweek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253509 by Fairymommy
Hi
Nope nog geen AF nie. :cry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253507 by DieSwartKat
Fairymommy en Meisiekind, hoe gaan dinge daar? AF steeds nie opgedaag? Ek hou duim vas! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253423 by tanzie
More julle :kiss:

So ov pyne is vandag hier-ken die gevoel,weet nie wat gister was nie,maar defnitief vandag ov pyne!het nie gebd gistraand of vanoggend nie so hopenlik was gister oggend se bd genoeg gewees en dalk vanand sin as ek die eiertjie kan vang...sjoe mensies ek is nou moeg eerlik waar...

Moes more gyni gaan sien maar medies het toe nie my referal ontvang van my dok af nie :cry: :cry: so as ek diti vandag kan uitsort nie moet ek begin januarie gaan vir check up...dinge voel beter my kant,gewoonlik sal ek seer boobies he teen die tyd,maar nog niks sover nie-wat laat my dink ov is nou eers besig of dit gaan nog gebeur-ek weet met fertmoid kan mens soms later ov as gewoonlik...

Meisiekind ek hou duim vas vir jou :kiss: vir n BFP,met my 1ste een wat ek verloor het die home toetsie pos gewys 5 voor af maar bloed toetse negative tot en met 7 wekies,so ek weet nie so mooi wat daar aan gegaan nie,maar wat ek try se is dalk kom die BFP nog sos in my geval :kiss: :kiss: anyway ek hou duim vas vir almal en hou almal in my gebede!

<a href="lilypie.com/">lmtf.lilypie.com/uVhsm8.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Maternity tickers" />


[link=http://www.babygaga.com/][image noborder]tickers.babygaga.com/p/dev265pr___.png[/image][/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253419 by Meisiekind
Fairymommy, soos Swartkat sê, jy's eers uit vir die maand as AF opdaag. Omtrent die lang termyn vraag, jy moet maar net vasbyt en jouself herinner dat dit nie ongewoon is om 6 - 12 maande te vat om swanger te raak nie. Ek moet erken ek is regtig al moeg vir negatief sien en soms maak dit seerder as ander kere, maar mens van dit maar maand vir maand. Help nie om vooruit te probeer dink nie.

Tanzie, ek is nie seker of Fertomid direk verantwoordelik is vir die ovulasie tipe pyne nie, want al wat dit doen is om jou liggaam te trick om meer estrogeen te maak. Miskien dalk 'n bietjie oorstimulasie? Ek onthou van die dames wat vroëer hier saam gesels het oor IVF, het baie keer gekla van pyn agv oorstimulasie.

Omtrent die 2 dae van pos OPK, ek het dit al baie gekry. Mens moet 12 - 36 uur toelaat vanaf die eerste pos OPK vir ovulasie om te gebeur. Die 2de een maak dan nie soveel saak nie.

Anzel, baie dankie vir die inligting en die link. Het my bietjie meer insight oor myself gegee en as ek nie binnekort sukses het nie, gaan ek bietjie by my FS hoor hieroor. Bly om te hoor jy voel soveel beter. Die progesteroon wat jy gebruik kan verantwoordelik wees vir van daardie simptome wat jy beskryf, maar ek hoop in jou geval dis eerder agv 'n BFP wat op jou wag.

Ek's vandag op 15dpo (die dag waarop AF gewoonlik vir my begin). Vanoggend se toets was ook BFN, maar BBT is nog altyd hoog en geen AF. Versigtig om opgewonde te raak, want netnou het ek dalk my ov datum verkeerd uitgewerk. Sit nou maar in afwagting om te sien wat die volgende 2 dae gebeur.

Aan almal hier, vasbyt! TTC is nie vir sissies nie, maar ons gaan daar deur kom.

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253387 by tanzie
Anzelmamma -dankie :kiss: lyk my progestrone kan ook my probleem wees,sal dit noem wane ek gyni toe gaan donderdag vor n check up :kiss: :kiss:

<a href="lilypie.com/">lmtf.lilypie.com/uVhsm8.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Maternity tickers" />


[link=http://www.babygaga.com/][image noborder]tickers.babygaga.com/p/dev265pr___.png[/image][/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account