More julle!!
Naomi, ek moes nou lag vir jou "oop lieste voor die dokter lê" Ek kan eintlik in my mind's eye sien hoe verontwaardig jou gesig moes wees toe jou man sê hy wil nog tv kyk
Julle, ek dink my man is 'n freak, want ek het nie 'n clue waarvan julle praat nie hoor. Hy moet OF 99% dood wees van siekte of vir 3 dae nie geslaap het nie, voor hy sê nee dankie. Ek kan 3 keer 'n dag vir hom sê dis nou sulke tyd en hy gan vir my vra "Waar wil jy hê moet ek lê"
Zarah, baie jammer om te hoor van jou oom. Alle sterkte vir die tydjie wat vir jou en jou familie voorlê. Stywe drukkie vriendin!!
Ek het nou al so bietjie tred verloor met die wat ons internet so lol. Wie toets nou in die week wat kom?
Dink julle nie ons moet 'n lysie begin van toets datums nie?
Niks nuus aan my kant nie. Behalwe dat my baas my weer vandag teen die mure uitdryf. Was al lus en steek haar in die oog met my pen!!

MAAR, dis langnaweek so ek gan myself nie opwerk nie. Nog net vandag. Nog net vandag. Nog net vandag.
Geseende Paasfees vir julle almal!! En soos Naomi sê, voor ons ons oë uitvee is dit alweer Kersfees en is elke liewe een van ons hopelik al geseën met 'n boepie.