Ertjie - laat weet wat sê die dr.
Debs - ja dis so moeilik om te wag tot 14DPO. Jammer oor vandag se BFN
Zarah - ek hou van jou positiewe uitkyk- dit is so belangrik om positief te bly al raak dit met tye vrek moeilik. En jy's reg, wat is ouderdom nou? Ouderdom is in jou kop

Prof S het ook al vir my gesê ouderdom is glad nie 'n faktor onder 38 nie, so dit was interessant om dit van hom te hoor. Ivm my buis - hy kan nie nou vir 'n feit sê dit moet uit nie, maar hy sal tydens die lap kan sê. Omdat hy dit reeds met my vorige lap reggemaak het - dit was heeltemal "toegevou" en gedraai (skies weet nie hoe om dit te beskryf nie!) - gaan hy dit nie weer regmaak nie, maar eerder uithaal. Omdat ek dieselfde pyn aan my linkerkant ervaar as voor die lap, dink ons dis weer dieselfde probleem.
NaomiB, dankie. Ja daai Fertomid is darem hectic, bly ek kan bietjie 'n breek vat. So jou 2ww begin vandag? Sterkte!
Hopeful - ek gaan hulle beslis mail om die pryslys te kry - dankie, nog nie daaraan gedink nie. Wat jy sê is so waar: dis tog buite ons beheer en dit help nie om te stres oor iets waaraan mens niks kan verander nie.
Andie, ek gaan oor drie weke vir die lap. Hou van jou Keep Calm poster - LOL!