Andie ek is met jou. As daai dokter na my lap vir my sê ons moet eers weer KI's probeer, gaan ek ver weg hardloop!! 3 of 4 is genoeg. Volgens statistiek is die success rate vir KI net 10% per siklus, maar na 4 KI's gaan dit op na amper 50% - dit is wat ek op A evitas se website gelees het. So dit gee mens darem hoop. Op hulle webwerf staan ook dat sukses vir IVF is 50% as jy onder 35 is - dit klink darem na goeie odds. Ek is nou 34 so hopelik kan ek swanger raak voor ek 35 word volgende jaar. Ek hou van jou positive thinking!
Ertjie jammer om te hoor

Ja, ironies genoeg met my dogtertjie het ek ook swanger geraak die maand wat ek NIE Fertomid gedrink het nie! Maar nou ja, dit wou nie weer die afgelope twee jaar gebeur nie. Ek hoop dit sal nie vir jou nodig wees om weer 'n lap te doen nie.
Hopeful dankie vir die info oor die kostes - hoop dat dit sommer die heel eerste keer sal werk. Laat weet wie is jou FS wanneer jy uitvind - maar hulle is almal baie nice - seker jy sal van hulle hou.
Zarah ek hoor jou - drie maande klink soos niks

. Ek probeer ook al weer twee jaar na my dogtertjie se eerste verjaardag. Kan nie wag om met IVF te begin nie, maar ek is nogal senuweeagtig oor wat die lap gaan oplewer. Party keer dink mens mos jouself bang en dit is so simpel. Dis maar moeilik om geduldig te moet wag vir antwoorde
NaomiB, jou TWW begin seker nou amper - sterkte daarmee!