× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 1 month ago #251155 by DieSwartKat
Hallo al julle Mooi Mensies!

Nunukie, ek dink jy domineer vandag die gesprek want vandag is 'n groot dag vir jou. Ek hou my duime gekruis, en wens jou al die sterkte en geluk in die wereld toe. Vandag is julle beurt :)

Jammer oor AF ou Meisiekind, het dit toe vandag opgedaag? Ek dink ons almal ken daai gevoel van teleurstelling maar net te goed. Twee wooorde vir jou: LINDT CHOCOLATE! Mense wat sê chocolate maak niks reg nie lieg!

Tinkie, is vandag nie ook jou scan nie? Hoe lyk dinge??

Ek het toe my OPK gedoen Maandag, en so waar as wragtig, sterk + vir OV op CD10 en CD11. Ek was omtrent stomgeslaan, nog nooit in my lewe was dit so vroeg nie (en ek het rekords vir omtrent die laaste 5 jaar, behalwe laas jaar toe ek dit nie dopgehou het nie). My siklusse is altyd 30 dae en OV by CD 14-16. So ek wens nou die 26ste Sept wil aanbreek sodat ek my Nova kan laat uithaal. As ek na die kalender kyk is dit juis rondom my OV tyd (mits dit nie weer so vroeg is nie).

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251141 by Nunukie
Tintinkie, oh my goodness...jy is voorwaar 'n follie masjien :ohmy:
Ek hoop hulle groei ook sommer baie mooi teen Donderdag fxfxfxf'

Meisiekind, ai man. Voel saam jou :heart:
Sterkte jong en soos jy se, ons moet vrede maak met GOD se TYD en SY plan...dis nie maklik nie, maar dit help om te GLO!!! En ek glo HY het PERFEKTE tyd :heart:

Lagogies...jy is tjoepstil oor jou 2ww? Het jy al ge-poas????

Wel, vanmiddag is KI vir my en ek is super opgewonde oor hierdie siklus.
Ons bid nou net dat ML se spermpies vanmiddag saamwerk en die ding sal doen.fxfxfxfxf

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251137 by Tinktinkie
Wowie Nunu!!! Dit is SUPER COOOL!! So bly vir julle! Kan nie glo jou follies het so gegroei nie! Kyk nou net hoe lekker werk als uit met jou tydlyn.... Nou kan jy SA invaar met mooi naels en hope hoop! :P

Ek en jy is mos cycle buddies, maar my follies het net nog meer geraak, maar nie veel meer gegroei nie... Het nou so 30 follies, grootste was gister 15mm. So hou nou steeds aan stim, want laas toe ek ophou spuit het toe hou alles op groei... Scan more weer, sal seker eers Do aand trigger en Sat aspireer.. Maar ek is met jou met die sensitiwiteit. Ek kan nie eens vinnig loop nie!

Meisiemensie :( jammer jy het nie n lekker daggie nie... Dis partykeer maar die ding met POAS en bbt charts, mens lees so in alles in dat mens vinniger hoop verloor. Bid steeds saam jou dat af nie more opdaag nie. Sterkte :heart: :heart:

Jame, wat is die HCG scan waarvoor jy more gaan? Hoop alles lyk soos dit moet fxfx

Swartkat, jy toe getoets??

Lagogies! Wanneer kan jy toets? Sterkte met die 2ww!

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.
The following user(s) said Thank You: Meisiekind

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251136 by Meisiekind
Middag dames

Bietjie besig by die werk die laaste 2 dae so ek probeer nou al heeldag 'n tydjie afknyp om gou te update.

Dankie vir almal se belangstelling. Ongelukkig dink ek dis BFN vir my. My BBT was vanoggend heelwat laer so my progesteroon vlakke moes gedaal het. Wanneer my chart so lyk verwag ek AF die volgende dag. :cry: Gister se POAS was ook BFN. Voel redelik afgehaal vandag, maar probeer myself herinner dat dit nog nie ons tyd was nie. Net die Here se tyd is die regte tyd en ek het vrede daarmee. Ons het nog een siklus oor om die 100mg Fertomid te probeer en daarna moet ek eers die verpligte 1 maand breek vat en my FS gaan sien om te besluit of ons iets meer drasties moet oorweeg. So ek hoop en bid dat die siklus wat voorlê dié een gaan wees.

Nunukie! :woohoo: Kan dink jy's vreeslik opgewonde met sulke resultate. Hou ons ophoogte - dis so exciting!

DieSwartKat, wat sê daai OPK toe?

Jame, sterkte vir more se scan!

Lagogies, wanneer toets jy nou weer?

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251135 by Lagogies
Nunu :woohoo: :woohoo: :woohoo: vir daai follies!
Ek is baie bly v jou part!

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251133 by Nunukie
Hello julle

Julle sal nie glo nie, maar my follies het GEGROEI like hell :evil:
Ek het 4 follies tussen 19mm - 23mm!!!!!! :woohoo: Dit is die groottste en meeste nog ooit :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo:
Ek het gisteraand getrigger en doen KI more (Wag nog om te hoor van tyd)
Ek voel letterlik die follies in my eierstokke...ek is INTENS bewus van hulle...
Ek is super excited oor die siklus en hoop en bid hierdie is DIE KEER :heart:

Jame, hoe hanteer die heks jou? Mos gewoonlik super erg as dit vir so lank weggebly het

Lagogies....wanneer toets jy?

Meisiekind nog nie weer ge-poas nie?

Tintinkie - wat is die PVA nou?

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251108 by Jame
Mooi gesê Swartkat!
Ek dink dis oulik en snaaks, want dis sooo ONS.
Vrouens is maar net dielfde...of so sal ML sê!

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account