ek was nou maande laas op Moomie, het nou als hier opgevang en is skoon in trane oor al die goeie nuus.
julle is nog almal elke dag in my gedagtes en gebede
Bea, al wat ek kan se in wow. dit was omtrent 'n lang pad vir jou, en nou is dai 2 lyfies goed aan die broei. mag jy so 'n geseende swangerskap he.
Zetti, dai mannetjie is te pragtig vir woorde. sjoe, maar hy was darem klein. my klein kabouter het vir my so klein gevoel en hy was dubbel dai gewig.
Jooste, sooo bly oor jou sticky bean. glo jy sal ook 'n geseende swangerskap he.
Bytjie, sommer een van die dae is dai lyfie hier. jou klein rakker is net te cute vir woorde.
bid so hard saam dat babatjie mooi sal binne bly en dai suiker nie hand uit ruk nie.
dink jy't iets gevra oor voorbehoed. ons gebruik tans net kondome. my man hou niks daarvan nie, maar dit is sy keuse. ek was op Microval vir 'n ruk, maar ek bloei konstand as ek dit drink, en dit het my naderhand siek gemaak, toe sy hy ek moet eers los en net herstel. ek borsvoed, so ek kan geen ander pil drink nie. en ek is te bang vir 'n implant
AFM, my kleine verrassing baba word 1 in Augustus. ek kan nie glo 'n jaar is al om nie. hy is so 'n liefie kind
ons sal nog 'n baba wil he, eintlik nog 2. maar ek het gladnie swangerskap geniet nie. so ek sal nog 1 swangerskap doen, maar nie nog 2 nie. so ek wens dat die volgende 1 'n 2ling is. daar is baie 2linge in my familie, so daar is wel 'n kans. ons sal ook net bietjie wag dat kleinman so 18 maande is. 2 onder 2 was nogal in groot uitdaging, so sal net nog bietjie wag voor 'n nog enetjie aanpak. 'n volgende een gaan ek ook net in geloof, gaan ook nie juis my siklus dophou nie, so sal net sien of dit vir ons so beplan is