Liewe Bea
Maar dit is absolute WONDERFLIKE nuus!! Ek kry sommer hoendervleis as ek dit net hoor! En dit met jou eie eiertjies en na 13 IVFs!!!!

Baie geluk!
Vertel hoe jy voel?? Dit moet so onwerklik voel?
(Inderdaad - alle eer aan ons Vader!)
Bytjie
Al wraggies 31 weke? Dit vlieg darem vinnig. Ek is so bly dat alles sover so goed verloop met jou swangerskap. En ja - die kleuters kan ons darem lekker grys hare gee! Ha ha!
AFM
Ek het 3 miskrame in die laaste 8 maande gehad.

Ons lewens regtig op sy kop gekeer met blydskap en vreugde en dan die ontsettende hartseer, woede en ongeloof. Het vir 'n laparoskopie gegaan na my 3de miskraam in April en is toe op 5mg Femara gesit en is vandag 4w2d swanger! Beta op 3w6d was 262 en 4w1d was 662!! Ons is so opgewonde! Ons hoop en bid hard dat hierdie keer sal alles glad verloop. Hulle het baie endometriose afgelaser tydens die Laparoskopie op 28 April en volgens FS was dit die rede vir die aanhoudende vroeer verliese. Ek was ook vanaf 12 April tot verlede week op DHEA geplaas. Vermoed dit het ook positief meegewerk-