More dames,
Dis so lekker om te sien dat julle darem nog almal hier lees as is julle nie meer aktief op die tread nie.
Zettie, jou stoute kabouter is oulik en groot. Ek sou nooit kon sê dat die mannetjie so haastig was om die wereld te groet nie.
Jooste jammer om van jou drie miskrame te hoor. Ek het ook drie gehad voor my seuntjie en toe weer een voor my huidige swangerskap. Dis niks lekker om daardeur te gaan nie, maar eks baie bly om te sien dat jy so opgewonde oor jou nuwe swangerskap is. Fokus nou lekker op jou boontjie en ek hoop die naweek vlieg verby sodat jy jou jongste beta kan kry.
Bea, Jooste en Tanya, dis darem lekker dat julle preggie maatjies is.
Ek moet elke dag my suiker toets, want die mannetjie het al op 29 weke amper 2kg geweeg

, sover lyk dit nog redelik goed en is dr tevrede met my daaglikse uitslae.
Julle wat nou al besig is met jul tweede/derde swangerskappe, is dit die laaste pienk voetjies vir julle. En watse voorbehoed gaan julle na die swangerskappe gebruik. ML weier om vir 'n snip te gaan en ek weier om myself te steriliseer of voorbehoed te gebruik. So ek weet nie wat om te doen nie.
Lekker naweek vir julle almal.