More julle, hoe gaan dit met almal.
Tanya, hoe was die eerste scan? Ek dink by 'n dopler meet hulle die bloedtoevoer tussen ma en baba deur die naelstring en na die brein en so aan, ook nie heeltemal seker nie. Jong die suiker is maar so op en af. As ek soggens te laat eet dan is dit te laag en eet ek net 'n koekie of iets dan is dit sommer 7/8. Ek sal maar Maandag hoor wat die dr's sê.
Bea, dis darem wonderlik om al die vordering op die sonar te sien ne. So bly al verloop nog baie goed met jou swangerskap.
Ek was op cyclogest 2 maal 'n dag tot week 11, my dr het gesê die plasenta vat so van week 11 oor. En aan die einde van my elfde week het ek seker so vir 3 dae dit net een keer per dag gebruik en daarna was ek heeltemal klaar daarmee.
Ek is so bed#$%$^ vir die kontrakteurs. Net die kombuis word oorgedoen - verf, teels en kaste maar die f@#$$#% wat die verf werk doen is nou al amper 2 weke besig. Ek is so bang om nou al die baba se kleertjies te was want die verdompde stof is oral.....Hulle het beloof hulle sal vandag 11uur se kant heeltemal klaar wees. So hopelik kan ek dit more doen. Eks net bietjie bekommerd die dr laat my volgende week opneem en eks glad nie nou al voorberei vir hospitalisasie nie
Laat dit goed gaan met julle almal.