Hi dames
Hoop dit gaan goed met almal van julle.
Ek was baie baie lanklaas op die forum gewees.
Net so vinnig update oor myself (aangesien ek sien daar's soveel nuwe mensies wat ook die paadje loop).
Ek is 28 en ML het nou 30 geword. TTC al amper 2 en 'n halwe jaar, maar ek glo, hoop & bid dit gaan sommer binnekort gebeur.
Ek is gediagnoseer met PCOS.....maar dit skrik my nie af nie!
Ek kry nie elke maand AF soos wat ek veronderstel is nie. Het 'n ordentlike siklus gehad Desember'13 tot Feb'14 en verder niks nie....
Ek het 'n nuwe dokter gaan sien 23 April en sy het vir my meds gegee. My skildklier was ook nie heeltemal reg nie. Ek het 21 Mei terug gegaan en klomp toetse gedoen. Skildklier en al die ander goed wat sy van my behandel het met die meds is 100%. Het ook toe uitgevind hoekom ek nie menstueer nie - my baarmoeder wand is hopeloos te dun. So ja ek het "progesterone room" van die labortoruim af bestel. En gestraand het AF weer vir die eerste keer opgedaag
Ek lees baie positiewe dinge oor die progesterone cream en voel baie positief daaroor........
Sticky dust aan elkeen van julle