Goeie more dames,
Lagogies, voorspoed met die TWW. Jy't lekker baie follies op die sagte stim gehad ne. En jammer om te hoor van jou ongeluk.
Bea, voorspoed met IVF Nr. 5.
Slakkies, spaar mooi Jun/Jul is om die draai.
Julle dames wat met die IVF besig is: ek haal my hoed af vir julle. Finansieël is dit baie geld en emosioneel breek dit mens as jy so negatiet na negatief kry. Alhoewel julle dames jul afdae het (moed opgee ens.) staan julle nog steeds elke keer uit die stof op en gaan moedig voort. En daarvoor moet mens hare op jou tande het.
Ek bid dat ieder en elk van julle en ook die res van die dames wat nie IVF doen nie, sommer binnekort positiewe resultate sal kry.
AFM - het bietjie pienk op toiletpapier gehad toe ek vanoggend badkamer toe gaan en is toe maar vroeg op my dr se bors. Dr sê als loop nog mooi, hartklop is mooi sterk, en baba meet 7 weke en 1 dag maar ek is nou 7 weke en 4 dae en hy sê dis niks om oor bekommerd te wees nie. Ek sien hom weer oor twee weke. Bea nee ek gesels nog met niemand oor my swangerskap nie. Dis net my broer, my baas en my een vriendin wat weet ek is swanger, ons moes mos eers Vrydag weer vir sonar gegaan het, dan sou ons die naweek vir die nabye familie gesê het, maar ek gaan nou maar eers wag vir my afspraak oor twee weke.
Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP