Hallo julle... Long time no "response"
Klippie - so baie jammer oor hierdie groot teleurstelling van jou! Ek het eerlik waar nie woorde nie - mens spandeer so baie geld dan dit - sal daar ooit antwoorde wees op al die vrae?
Zarah ....

Sjoe dit is nogals n stewige bedrag en dit by die Staat as ek reg onthou?
Nunuki - dalk moet jy meer beweeg - is dit nie dalk n wind wat vassit nie - as ek reg onthou het ek gelees dat hul jou ook opblaas ? Met my galblaas het hul my ook opgeblaas en ek was hopeloos te stil en te min beweeg toe kry ek n wind wat vas gesit het kon nie my arm beweeg nie so dat hul my vir xtrale laat gaan het net om te sit daar is niks fout nie dit was net die wind....
Welkom hier HOpe
Bea, Chrizzie, Zettie Bytjie HALLo - ek dink ek liewe dag aan elke dame hier - ek lees ook elke post.
AFM ek het geen idee waar ek is in hierdie siklus nie en weet ook nie of ek vlg maand weer gaan begin met my meds (wat ek reeds het nie) ML voel ons moet dit net los en dat dit wel sal gebeur as Liewe Jesus voel dis die regte tyd. Op die stadium is my kop glad nie my TTC nie en geniet ek dit net om weer soos myself te voel.... Ons het reeds een gesonde seuntjie en weet nie of ek kans sien om deur al hierdie dinge te gaan nie - dink nie ek is sterk genoeg nie - elke keer as ek slegte nuus hier lees "treur" ek saam en raak ek ook hartseer - ek lewe my totaal en al in in elke situasie - so dat ek al gedroom het ek kry ook n lap!