More almal
Sjoe, julle het lekker gechat hier oor die naweek. Welkom aan JoDon en TaNasha...julle moet nou ook nie weer net verdwyn nie!
Hoe was almal se naweek? Ons s'n was rustig, DH het Saterdag die toilet oorgeverf na hy dit Vrydag so 'n skelpienk geverf het

Dis darem nou meer van 'n poeierpienk...en volgende is die badkamer wat geverf moet word.
Het Saterdag weer 'n emosionele dag gehad...het die babagoed wat ons gekoop het en gekry het weggepak. Moes dit doen, want dit was in sakke in ons kamer. En ja, Saterdagaand terwyl ons braai het DH die geslagte gevra...en hy was toe nie so emosioneel nie, hy het half en half toe geweet wat dit is.
So nou kan ek maar vir almal vertel...dit was twee seuntjies....en ons het besluit op die name Logan en Tristan....ons sal dit als op die plaatjie sit wat ons wil laat graveer.
Lyk darem of AF haar einde nader....dalk al klaar is. DH het dit natuurlik geniet, want toe maak ons op vir verlore tyd

En gister het dit gevoel of ek O krampe het....maar ek steur my nie daar aan nie, sal eers wag om te sien hoe en wanneer daag AF nou weer op...sodat my siklus homself kan reguleer na wat gebeur het.
Hoop almal het 'n lekker daggie....