Dankie vir al julle positiwiteit. Ek is eintlik 'n BAIE positiewe mens. Net so tydens die AF visit, raak ek effens swartgallig.
Ek worstel juis nou met wat julle se. As my lewe dan reeds beplan is en uitgele is....moet ek dan nog gaan en verder spook en spartel met FS besoeke en charting en en en.... Want, op die ou einde van die dag weet net Een Man wanneer my tyd gaan kom vir 'n babatjie. Los ek dit dus net en glo maar dit sal eendag gebeur...of kan ek nou maar die saak 1/2 wil oorneem en operasies laat doen en IUI of IVF oorweeg. Ek hoor so baie van mense wat vir jare lank en duisende rande later...net sommer eensklaps swanger raak sonder hard probeer. Dit is natuurlik vreeslike motiverende stories, maar beteken dit dan nie dat alle mediese ingryping eintlik 'n nutelose oefening is nie??
Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek is nie teen mediese prosedures nie, ek is baie pro mediese ingryping en glo God het ook dit in sy hande. Ek is net so onseker of ek hierdie mediese pad moet begin stap en of ek dit eerder moet los en aanvaar. Dan weer...ander kant van die muntstuk. As daar iets fout is en dit kan maklik uitgesort word....gaan ek my ewig verwyt as ek dit agterkom op 40 jr.
Ag.. ek is eintlik net so deurmekaar. En hoe nader my FS besoek kom, hoe meer op my senuwees raak ek. Dit voel regtig vir my of my lyf my gruwelooslik in die steek laat en ek haat daardie uit beheer gevoel waar iemand anders my nou gaan moet help om swanger te raak. Dit is mos veronderstel om baie natuurlik te wees!