Hi Girls,
Jooste,
Ek is sooo jammer dat dinge nie gaan soos jy gedink het nie en dat jy nie gestim het op die meds nie, Maar miskien het God grootter plan soos om jou 'n BFP te gee met die IUI, dan het julle geldjies gespaar wat julle kan gebruik op die baba'tjie.
Ek bid in elk geval vir julle, want dit is nooit maklik of lekker as mens die teleurstellings kry nie.
Lynkie,
Ek het nie woorde vir jou storie nie. Ek het al paar keer jou signiture gelees, maar mens besef nie wat gebeur het nie. Ek kan net se ek bid dat jy jou BFP binnekort kry. God se wonderwerke het nie ouderdomspeperkings nie.
Zettie,
Ek is so ongelooflik bly vir jou groot vet Follies! Nou moet julle lekker besig wees vir die volgende paar dae!
Hopeful,
Hoe het dit gegaan met julle afspraak? Sal noggal graag julle album wou sien, ek weet sommer dat dit baie spesiaal sal wees. En die cot, ai die cot. Ek kyk altyd na hulle as ek in die winkels rond loop. Ek is baie bly jy kon ene kry waarvan jy hou... Nou moet daai antie nog net vir julle klein baba'tjie om in die cot te sit!
Klippie,
Dit is lekker om van jou te hoor.
Hexy,
Hoop dinge raak gou weer rustig daar aan jou kant, sodat jy weer kan gesels met ons.
Ek moet nou eers hardloop.
Julle almal is diep in my hart, vlak in my gedagtes en hard in my gebede.
AFM,
Ek is nou 9DPO. En ek begin nou brand om te POAS. Ek kan eers toets volgende week Maandag of Dinsdag. So nou wag ons maar nog 'n week!