More julle
My hart is nou nog in stukke. EK kan dit nie glo nie en ek worry oor my swak reaksie op sulke hope fertility drugs. Intussen is ek vol hormone...en bokkerol om daarvoor te wys...en huil die hele tyd. DH is raadop.
(Okay...ek weet ek het nie bokkerol om daarvoor te wys nie...maar 2 follies is 'n REUSE teleurstelling!)
Lynkie / Hexy / Zettie: Die FS was net so geskok in my swak reaksie. Hy het na al my vorige resultate gekyk en wou dadelik weet wat ek anders gedoen het hierdie maand. En...

...ek het minder geslaap die maand. Dit mag dalk alles daarmee te make he. Ek het nie meer as 4 - 5 ure meeste dae van die week vir die laaste 2 weke geslaap nie. Dit gaan SO besig by die werk en ek het gedink dat as ek ekstra hard werk, kan ek die 2ww na die embie transfer by die huis gaan rustig wees en net oggend werk. Wel....en nou wil dit lyk of ek myself totaal en al in die voet geskiet het met my idee! Ek huil sommer verder!!