Hallo julle probeer nou vir die hoeveelste keer om iets te post!
Geluk Driekie, soo bly vir jou!
Charlaine - happy bday.
VB ek het ook van die clomid erger gemenstrueer as ander maande en ook baie klonterig.
AFM: AF missing alweer en nogsteeds, twee toetsies gedoen en BFN.
Dr Roodt gebel, kry weer provera en Clomid maar hierdie keer 100 mg.
Nie hartseer dat ek nie swanger is nie, maar wel omdat dit lyk of ek nie meer normaal menstrueer as ek nie clomid drink nie. Het my ogies al lekker dik getjank daaroor!
Het nie krag eers vir die apteek vrou nie, hul gaan sommer my meds by my ma se huis deliver.
Is nogsteeds aan die blaf, bors is maar benoud en so aaklige nat hoes. Wil nie dokter toe gaan nie, want daar sal ek net sit en tjank en nie eers vir hom kan se hoekom ek daar is nie!
DH is onsteld omdat dr my nie vir bloedtoets stuur voor ek met provera begin nie, maar my man glo glad nie aan die piepie toetse nie.
So jammer vir lang post, maar ek het 'n kak dag, en ek moet my nog regruk voor my man hy die huis kom want hy hou nie daarvan as ek so huil nie!