Hi Girls,
Dit is vrydag, en ek is soooo bly dit is nou naweek! Die week was baie woes en dol gewees aan my kant.
Hopeful,
Daai is werklik 'n baie mooi stukkie wat jy vir ons op gesit het. Baie dankie. En dit is waar, ek het noudiedag ook daaraan gedink. Dat omdat ons so bietjie sukkel, sal ons sulke wonderlikke ouers maak en dit soveel MEER geniet.
Hexy,
Ek hou alles gekruis vir jou dat jy daai werk kry. Kon jy toe Clomid in die hande kry?
Of is jy die maand weer op Fertomid?
Feetjie,
Sterkte vir alles wat vir jou voorle. Maar Skreeu en praat en huil en doen watookal jy moet om ontslae te raak van enige stress, Ons is almal hier om te luister!
Ruby,
OOOH ek is soo opgewonde vir jou afspraak met die Gynie, Kom laat weet hoe dit gegaan het!
Blommie, Ek weet altyd Deksels goed as ek OV. Ek het baie pyn op my eierstokke, en soveel temeer as ek op meds is. Hoop nie dit is te erg by jou nie!
AFM, ek is nou CD 10. Nogsteeds seer (.)(.). en dit is maar al. Maar my BBT bly nog mooi hoog, so ek is heel hoopvol! Ten minste weet ek nou al dat die Vit B6 help om my LP fase te verleng! So dit is ook goeie nuus.
O, ja Feetjie,
Ek sal met die grootste graagte Ruby se maatjie wees.

Nou moet liewe Jesus net so laat gebeur.