× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 14 hours ago #208248 by CheriseF
Morgan.. ons weet al vir 3 jaar dat daar probleme sou wees.

Ek het van die pil af gegaan en vir 2maande probeer sonder medikasie - waarvan ek geen menstruasie gehad het nie.

Die dokter het my toe op Provera gesit om AF te begin op dag 5 het ek begin met die Fertomid, ek het 2 siklusse voltooi. Ons het elke 2de dag seker gemaak ons bring ons kant om dit te maak werk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 14 hours ago #208246 by Morgan
Ruby hoe lank het julle probeer swanger raak voor jy op fertomid gegaan het?

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 14 hours ago #208245 by klippie
O ja, en nog ekstra meds vir die IVF wat ek vergeet het is die antibiotika voor die ER en vir 2 dae daarnaa en die verdekselse progrestoroon set-pille wat so lek (Beide voordeur en agterdeur gebruik - sorry TMI - en al 2 is ewe erg). Lekker baie meds, die apteker smile al as ek instap!

Nee, ek spot nie gewoonlik voor AF nie, net die pienk op die papier, dan weet ek as ek weer gaan pieps moet ek 'n "pad" vat.
Morgan - klaar gePOAS.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 14 hours ago #208244 by CheriseF
Klippie..
Dit klink vir my jy is 'n boffin hoor.
Ek is op die 50mg Fertomid en dis nou my laaste siklus.

Die medikasie word deur 'n ginekoloog voorgeskryf maar hulle is ook so besig dat hulle nie op almal kan konsentreer nie.

Ek oorweeg dit om na 'n fertiliteits spesialis te gaan.. dink julle dit sal beter wees of is dit maar om te ewe?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 14 hours ago #208243 by klippie
Mens moenie Clomid / Fertomid meer as 3 maande na mekaar drink nie, veral nie as jy op die 100mg dosis is nie. Wees versigtig, dit kan permanente skade veroorsaak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 14 hours ago #208242 by Morgan
Klip POAS dalk gan AF nog n paar maande weg bly!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 14 hours ago #208241 by klippie
Jooste, ja-nee, die IVF se spuite laat mens soos 'n gieter lyk :-)

Zettie & Jooste, ek het met my 1ste IUI laas jaar dieselfde protokol gehad as wat Zettie nou het: Clomid (dag 3 tot 7) en menopur (dag 4,6,8), maar elke dag sonars (vanaf dag 8) en bloede (vanaf dag 5). DIs nie 'n baie nice protokol nie en ek sal dit nie sommer weer doen nie, juis omdat ek nou weet dat daar ander protokolle is wat dieselfde resultate gee. Maar dit elke dr se persoonlike voorkeur watter protokol hy wil doen.

Vir ons 2de IUI kan ek nie mooi onthou nie, maar ek dink ek was ek op Clomid lae dosis (dag 5-7) en gonal-f lae dosis (dag 4,6,8 ek dink). En scan en bloods op dag 12) en toe weer bloods op dag 14. Maar toe gaan my bloods haywire so dit was crap.

Met die IVF was ek op lae stimulasie - gonal-f en disprin (kan nie die naam omthou nie - "baba disprin") elke dag vanaf dag 2, cetrocide om te keer dat ek vroeg ovuleer vanaf dag 12, menopur op dag 13 en ovidrel op dag 14 vir ER op dag 16). Baie inspuitings, veral op die dae wat mens 2 keer moet spuit en daar was 1 dag wat ek 3 keer moet spuit. Maar dis okay, die eerste keer is erg en daarna raak dit beter! Moet sê ek verkies die spuit bo die pille, want die newe-effekte is nie so erg nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account