More almal
ANKIA!!! Baie baie geluk met die geboorte van Anrika Rose

Kan ook self nie wag om als te hoor en daardie eerste fotos te sien nie.....
Morgan, hoe gaan dit nou met Carli??
Linda...jou sussie se baba is te fyntjies en klein....voor julle weet het sy mooi gegroei en entertain julle almal!! Laat weet wat se jou dokter.
Cornel....sjoe jong. Ek weet ons het toe Jayden 2 was probeer om te PT, maar hy was nie reg nie. Toe wag ons tot dit weer somer word, toe word hy 3. Ek het maar begin deur hom van die dagdoek af te kry, eers deur pull-ups, en toe later onderbroekies. Ek dink die feit dat hy by die dagmoeder en die seuntjies daar gesien het wat hulle doen, het ook baie gehelp. So naweke het ek hom maar gereeld toilet toe gestuur, en as hy by my ma was het sy sommer vir hom gese "gaan piepie ouma se plantjies nat"....Hy het nooit 'n klein potjie gebruik nie, en ek dink een of twee keer 'n nr 2 in sy broek gehad....Jayden het my regtig verbaas, hy het dit so vinnig aangeleer, en sommer vanself begin afvee ook! Ons het verlede jaar toe dit somer begin raak, begin om hom van die nagdoek af te haal. Probeer om hom op die laatste 5uur iets te laat drink, en in die nag opstaan om hom toilet toe te vat. Hy het nou so af en toe nog 'n glipsie deur die nag, maar dis nou maar as hy laat iets gedrink het. Elke ouer moet maar kyk wat werk vir hom/haar, en geduldig wees en net konstant wees, nie een dag 'n ding so doen en die volgende dag weer iets anders nie
Nou het ek baie gepraat

Geen nuus aan my kant nie, wag nou maar vir AF om op te daag.....sy behoort volgende Vrydag op te daag
Lekker daggie verder!!!