× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 1 week ago #206139 by Cornel
Goeie middag julle!

Sien dit gaan darem nog goed met almal!!!!

Ankies ~ Jou tyd raak nou min.baie sterkte vir jou!

Gaan goed hier......voel bietjie misluk (letterlik en figuurlik) vandag! AF moet haar verskyning maak en oi hierdie gips irriteer die duiwels uit my uit!!!!!!!! Ek kan nie so sukkel nie!!!!!!!!!!!!

EN JA!!!!!!!!!!!! DIE VOET JEUK AL TE LEKKER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206127 by Lynkie
Klippie
Jip, maar eers volgende week, is nog bietjie vroeg.

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206124 by klippie
Ankies, wow, kan nie glo jou tyd is so naby nie!

Wie toets volgende .... Lynkie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206107 by joo~ste
More julle
Ja - ek is ook bly dat die bokke gewen het. Alhoewel ek persoonlik dink hulle het nie te waffers gespeel nie. Ek is nou regtig nie 'n rugby kenner nie...maar ek sou dink dat hulle vir my soms effe aan die "lui-kant" voorgedoen het en die voorspelers meer gestaan en rugby kyk het as om flippen in die losscrum te maal en die bal te kry! Maar....trots is ek trots dat die groen en goud hulle eerste wedstryd gewen het!

Ankia!
Dit raak nou al hoe meer 'n werklikheid, ne!??? Dit is regtig om die draai. Gelukkig kan jy weet as sussa nou kom, sal als okay wees. Sy is darem nou al mooi groot en reg vir die wereld hier buite. Hoe is W nou?

Klippie / Feetjie:
Dankie vir al julle deel van inligting rondom die IUI's en IVF's. Waardering! Ek en DH het besluit om vir 'n paar IUI's te gaan en te sien wat gebeur. Vandaar af kan ons dan verder besluit. Ek sit egter eers hierdie maand uit en sien eers weer die FS op 3 Oktober. Sal dit dan met hom bespreek en van daar af verder woeker.

Morgan
Ja...ek het sommer 2 chocolate koeke gebak. Het gaste oor die naweek gehad en omdat hulle so lekker weggele het aan die koek...moes ek net nog een bak om op my eie te verslind (grappie...darem nie regtig nie...maar ek het 'n goeie poging aangewend!!)

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206095 by Goggatjies
Goeie More

So jip my laaste week van werk het opgedaag.
Moet paar goedjies klaar maak en dan kan ek ook rustig wees
Darem hoef ek nie te hard te werk nie

So bly die booked het gister gewen, maar dit was ampertjie of ons het nie

Klipster dankie vir die beskrywing van IVF, ek is seker dit gaan 'n paar dames hier baie help
Morgan - klink of julle lekker naweek gehad het

Ons het net gaan klere koop vir W en 'n persentjie, so die tas is nou toe gezip en reg vir aksie
Moet nou net W se tassie pak, maar sal dit more of so doen, ek moet net vanaand eers bietjie klere was dan sal alles reg wees vir hom ook

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206088 by Morgan
More julle

Wat n lekker naweek. Was Saterdag by n kiddies party, en sondag het ons en Nelria lekker by Anje gaan braai en rugby kyk, gelukkig het die bokke gewen, toe kon ons maar springbokkies drink LOL.

Ons het Saterdag Carli se nuwe bed gaan haal. Dis die mooiste hout met harte uitgesny. Maar dis nog n rukkie voor ek kans sien om haar uit die cot te haal.

Sjoe klip nou weet ons almal meer oor IVF.... fanks. DIe IVF met ICSI is mos ook wat mens doen as mens n sekere geslag wil he? of is dit iets anders? Jy gaan mos nou weer die siklus vir IVF?

Strikkie sterkte vir vandag, dink aan jou en laat weet asb wat gaan vir wat.

Feetjie jy is seker baie opgewonde om oom strikdas te gaan sien, hoop jy kry al die antwoorde.

Ankies jou laaste week van werk.... jy kan seker nou nie meer wag nie (al is jy bietjie nervous) !!!!

Jooste hoop die chocolate koek het jou toe bietjie beter laat voel.

AL die ander hello hello

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206073 by klippie
More dames! Hoop julle het 'n lekker naweek gehad - ek herstel nog van die bokke se gatskraap :-) Sjoe, dit was stresvol!

Okay, so oor die IVF - dis glad nie erg nie. Die medisyne en inspuitings is maar basies dieselfde as IUI, ook die sonars. Die egg retrieval ("ER") is glad nie erg nie. Dit word in die hospitaal gedoen onder sedasie, so jy slaap vas en kan niks onthou nie. Die volgende dag voel jou maag of jy 316 situps gedoen het, dis al.
Die embrio transfer ("ET") 5 dae later is niks erg nie. Dis ook amper soos 'n papsmeer, met jou voete in daai stiebeuels en so aan. Maar niks is seer nie en DH is heeltyd by so niks erg nie.

Die rede hoekom ek IVF nou verkies is ons spesifieke "male factor" probleem. DH het swak morfologie, maar die "fragmentasie" is ook 'n probleem. Die fragmentasie het te doen met die "binnekant" of boustene van die sperm. As hulle 'n SA doen, kan hulle beide morfologie en fragmentasie check, want hulle kan sperms oopbreek en dissekteer soos hulle wil. MAAR, met IUI en IVF "was" hulle die sperms, dan kan hulle net die mooiste en vinnigste sperms soek, hulle kan dit nie "oopbreek" om te kyk watter het die beste fragmentasie nie, want dan kan hulle hom nie weer gebruik nie. So, hulle kies die sperms wat mooi lyk, maar weet nie wat binne-in aangaan nie.

Ons het nou IVF gedoen met ICSI - m.a.w. hulle spuit die sperm by die eier in. Ons het nog steeds nie goeie bevrugting gekry nie, want alhoewel sy die mooiste sperm gekies het, kon sy nie sien of daar fragmentasie-skade is nie. So basically kon ons 10 IUI's gedoen het, dit sou heel waarskynlik nie gewerk het nie. IVF het nou wel BFN gegee, maar dit het baie antwoorde ook gegee. DH het operasie gehad wat moontlik die fragmentasie sal verbeter, maar selfs al is dit nie beter nie, weet ons nou met die volgende siklus IVF om meer te stimuleer sodat daar meer eiertjies is...selfs al het ons dan weer net 20% bevrugting, 20% van 20 is meer as 20% van 10.

So dis hoekom ek bly is ons het die IVF gekies, ten minste het ons nou antwoorde. Sjoe, dis 'n lang post, maar nou weet julle ook!
The following user(s) said Thank You: Cisca, Lynkie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account