× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 1 month ago #198142 by Strik*kie
Ciska, ons bly in mpumalanga.
Jooste wa bly julle? Pm my as jy nie hier wil se nie ;)
Want baie van die dorpe hier se paaie is toe. hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198136 by joo~ste
Cisca
Ja...dalk kom die control freak dinge saam met die aard van ons werk. Ek het ook 'n klompie mense onder my...en verder laaik ek van beplan en reel en organise. Ek stem...nou net jammer dat 'n mens nie jou baba so kan beplan nie.

Ankia
Bly jou midwife afspraak was toe goed en dat alles reg is. Ek het net so 'n lastige hoesie die tyd van die jaar - gelukkig word dit darem nie bronchitis nie. Kan jy nie sommer nou al antibiotika of iets kry om die infeksie te stop voordat dit behoorlik begin nie? Dit is so sleg om nou siek te word as die seisoen draai. Al die blerrie kieme is slimmer as aan die begin van die Winter en speel woer-woer met die medisyne!

Strikkie
Dit sneeu hier by ons ook. Paaie toe...kan nerens heen gaan nie.

Klippie
Bly dit het alles goed afgeloop met DH en sy op. Wat was sy SA resultate gewoonlik? Was dit baie swak? Ek hoop alles is nou sommer uitgesorteer en dat daar hope wonderlike vinnig swemmende visse is.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198113 by Cisca
Klippie - Bly alles het goed afgeloop met DH se op! Wat gebeur nou volgende?

Strikkie - Waar bly julle? Seker lekker om sneeu te he!

Ankia - Baie dankie. En sterkte vir die laaste paar dae!

Hier in die Kaap is dit vanoggend weer vrek koud. Hulle se ons het 'n masiewe koue front oppad. brrrrrr

Weet nie wat met my stelsel aangaan nie. Het van sondagaand baie ligte spotting gehad, en vanoggend 'n bietjie erger. Kan dit dan nou AF wees wat kom as dit nou eers 3 weke na my MC is? Het gedink dis dalk net bietjie afskeiding na sondag se BD, maar vanoggend was meer bloed as water. :blink: Weet nie.

Mooi bly

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198101 by Goggatjies
Goeie More

Hehe klipster vir yspakke - ek is bly dit het goed gegaan met jou DH, moet hy nou weer vir 'n SA moet gaan om te kyk of dit gewerk het, of hoe werk dit van hier af.

Gaan goed met my. Ek dink ek is besig om bronchitis te kry. Ek kry dit elke jaar hier teen die eerste naweek van Aug, en ons is nie ver daarvan af nie. Ek het 'n aaklige post nasal drip en kan niks daarvoor drink nie, en dan gaan le die goed op my longe en dan word ek siek daarvan. En ek dink William is ook besig om bronchitis te kry, ek moes 2 keer opstaan om vir hoes medisyne te gee, en hy voel bietjie koorsig, so ek hoop ek kan dit keer.
Ons is altwee allergies vir droee lug, so as die seisoen verander, soos dit hierdie naweek gevoel het, dan word ons siek - nie lekker nie

Cisca ons bid saam met julle

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198092 by Strik*kie
Hi Klipster, bly jy kry die mail ding nou reg ;)
Jipe dit sneeu!!!!!!!! My 1e sneeu vandat ek hier bly!!!! :woohoo:

Bly jou man is ok en dat hy nie icepack nodig het nie ;) :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198081 by klippie
More almal!

Ankies - bly dit gaan goed met sussa en dat sy reg lê - hoop jy hou van jou nuwe gynie :-)

Strikkie - kry julle lekker koud? Ek kry nou daai e-mail ding reg, dankie! Hy print net nie die "inligting" bo-aan (tyd en datum van versending) soos in die ou dae nie, maar dit is goed genoeg dat die e-mails nie dubbeld in die leêr is nie!

AFM: DH se op het goed gegaan gister - hy het omtrent geen pyn nie. Ek het gedog hy sal met 'n yspak op sy parte moet sit, maar glad nie nodig nie :-)

Julle moet 'n leker dag hê!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #197956 by Cisca
Hi Julle

Jooste - Ek weet presies hoe jy voel. Ek is ook 'n effense "control Freak". En my lyn van werk help dit nog aan ook. Ek het 'n span van 11 wat onder my werk, so "control" is 'n groot deel van my dagtaak!
Ek was nog altyd in beheer van wat ek wil he ( so te se) , maar ja, hierdie een is heeltemal uit my hande. Snaaks hoe die ding wat jy die meeste wil he in die hele wereld, glad nie in jou hande is nie. Ons kan maar BD op die regte tyd en ons siklus time, maar verder net BID.

Lekker dag julle

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account