Hi julle!
Ek was weereens so lank terug hier gewees - die porridge brein van my hou my ekstra besig omdat dit nou 2 keer langer vat om dinge te doen
Ek loer nog gereeld in en hou op hoogte met almal van julle
Klipster - baie baie sterkte vir jou man se op Maandag en ek hoop jy vat sommer soos 'n goeie ou Toyota daarna!! Exciting!
Hexy - bly jou klein man is beter. Hoe gaan dit nog met jou?
Strikkie - ek is jammer om te hoor jy is nie op 'n goeie plek nie. Groot groot groot drukkies vir jou
Jooste - ek is bly jy is nou op 'n beter plek, 'n break doen mens partymaal die wereld se goed en jy kom dit eers agter as jy klaar die break gehad het!
Feetjie - weet jy wat, my filosofie is probeer alles wat jy kan wat jou sal moed gee om aan te gaan te probeer moet ttc! Beproef alles - you never know!
Ankies - halllooo weer
Hoe gaan dit met Anje, Morgan, Marie, Tienka, Ansa?? Ek hou nog so up to date op facebook met meeste. Ek kan nie glo almal se babatjies is al so groot nie, Paisley se Rikus kry al sy tweede tand sien ek!
Dit gaan goed met my verder, ek raak nou net baie ongemaklik en baie excited. Ek het hierdie week van die huis af gewerk, was so lekker. Ek gaan more oggend gou in vir so 2 ure net om gou alles oor te handig en dan more middag het ons ons finale check up by dokter en dan is ek nou offisieel op maternity leave. Het nog hele paar goed om te doen soos spring clean ens voor volgende Donderdag maar gelukkig kom my oust in volgende Dins om te kom spring clean!
Ons ou baba seuntjie Cameron word volgende Donderdag middag 14h00 gebore met keiser. Hy's nogal 'n groot mannetjie, was 2 weke terug al 3.2kg en hy's blykbaar lank. Ek sal foto's op facebook oplaai sodra ons kan en ons tydjie het!
Lekker naweek vir julle, sal weer so vinnig kom inloer voor ek ingaan volgende week!