Middag almal
Sjoe, Moomie lyk nou omtrent anders...moet dit nou gewoond raak. Lyk vir my nou baie soos ander forums wat ek al gesien het, weet nie of ek daarvan hou nie ....only time will tell.
Feetjie, my skoonsus het so 2jr gelede swanger geraak en toe 'n miskraam gehad. Van daar af het hulle baie gesukkel, en was selfs by Dr Pentz vir 'n IUI, en dit het nie gewerk. So 2 maande terug was sy by die homopaat, en sy is nou so 6/7weke swanger. So ja, mens sal nooit weet. Elkeen se liggaam is mos uniek en anders en reageer anders op behandelings.
Nie veel nuus aan my kant nie. DH is die week weg op kursus, en dit is nou in my OV tyd. Hy kom eers Vrydag terug, maar dan is ek al op cd15/16, nie seker nie. Ons was laas in 2007 so lank van mekaar af weg, my gemoed is maar laag en als druk weer so swaar...maar ek weet die week gaan ons van vooraf weer mekaar laat waardeer.
Jayden was ook bietjie siek Sondag en gister, uit die bloute maagpyn en koors. So was gister by die huis met hom.
Marie, bly om te sien jy het ook kom inloer
Klippie, kan nie wag om te hoor wat is julle PVA nie!!
Ankia, bly jy voel nou meer vir sussa

Ons het Saterdag bietjie gespringclean en toe deur 'n paar cd's/dvds gegaan, en afgekom op Jayden se 3D sonar...het al skoon daarvan vergeet. Se toe vir DH daai tyd het ek nog nie eens geworry oor miskraam of foute of so iets nie, vir my was hy net 'n gesonde baba...time really does fly.
Hoe gaan dit met al die ander??