More almal
Dankie vir al die navrae, Jayden is weer sy ou self. Dink hy het maar net ietsie ge-eet wat sy magie omgekrap het. Hy is so bly die skool het weer begin, kan sien hy geniet dit regtig.
Ai, maak nie saak of mens vroeg of laat gaan slaap nie, opstaan wil mens nie opstaan in die oggende!!! Met die dat DH nie die week hier is nie, is ek nie lus vir alleen tv kyk en koud kry nie, so 8uur is ek al in die bed. Darem nog net een slapie
Klippie, sterkte met DH se plak en knip Maandag...hoop regtig dat dit nie te laat is nie, en dat julle sommer gou-gou kan begin met TTC en suksesvol sal wees!!!
Strikkie...jammer om te hoor jy is op 'n bad spot op die oomblik. Mens wil nie te veel karring nie, elke persoon ervaar dinge anders, maar ek moet dit maar net weer ingooi - het DH hom al laat toets? Dinge kan regtig nie so aangaan nie, en soos Hayley gese het, gaan nogsteeds vir die FS afspraak, dan sal julle dalk vir eens en vir altyd antwoorde he op die vrae en elke maand se teleurstelling. Sterkte vriendin....(((hugs)))
Hoe gaan dit verder met almal??
Wonder wanneer begin Ansa te werk? Al die mammas moet weer bietjie fotos kom post, en ons het ook nog nooit regtig julle nursery pics gesien toe julle swanger was.....soek weer bietjie fotos!!!