Goeie naand julle
Hexy - baie sterkte met die week wat jou man nie daar is nie, hoop die week gaan sommer gou verby vir jou.
Klipie - Ai ou klip, eks regtig verskrikilik jammer om van jou nuus te hoor. Ek dink vreeslik baie aan jou!!! Sterkte, ook met die pad vorentoe.
As ek reg is het ek gelees, jul gaan in Augustus weer probeer, ek sal sommer nou al begin duim vashou!!!!
Ciska - Ag, eks net so jammer oor jou nuus. Man, mens verstaan net nie. Ek dink aan jou!! Sterkte!!!!
Strikkie - Baie baie jammer vir jou BFN ook Strik. Baie baie baie sterkte vir jul ook.
Anje - hoe het die ry-ery toe gegaan met L?
Hul sê mos 'n desperate vrou is gevaarlik - Nou goed ek wil by jul hoor. Wat dink jul van Homopate??? Ekt gesien daar was 'n jaar gelede so 'n topic, maar daar word nie baie gese nie.
My een vriendin en haar man het ook lank gesukkel om swanger te raak. Dr het gese met iv sal hul seker maar 5% kans he, daar was fout by man en met haar. Haar man het toe opersasie ondergaan ens. Dr het gese hul kan in die Junie weer terug gaan en dan kyk hoe lyk dinge. Die April/Mei het sy vanself swanger geraak. Sy glo vas aan homeopate. Haar man het inspytings gekry ens. Die babatjie is toe ongelukkig met spina bifida gebore. Wat die vreemdste was geen dr kon dit in haar 9 maande van swangerskap optel nie, sy nou weer swanger.
Ek wonder maar net ....mmmmmmmmm! Het enige van jul al dit oorweeg.
Op ons dorp is daar nogal 2 oulike dr's.(mediese dr wat dan nou homeopate is) Ek was die week toe by die een dr gewees. Dis bietjie vreemd en als het meer soos sielkundige sessie gevoel as dr's afspraak. Sy sê ook met haar "masjien" en als kan sy ook nie sien dat daar fout is wat rede vir infertiliteit veroorsaak nie. Sy sê, mens werk eers om balans en liggaam mooi gesond en reg te kry. So ek het nou pilletjies wat ek SUIG!!

Net om liggaam mooi gesond te kry. En sy sê ek moet oor maand weer kom, dat sy kan kyk of vlakke goed lyk en dan sal sy eers op latere stadium vir my "inferitiliteits" medikasie gee.
mmmmmmmmm Ek weet nie. Ag ek voel ek het seker niks om te verloor as om dit te probeer nie.
Ek wil jul ook nog een iets vra: Almal se mos altyd. Ontspan en dan sal alles van self gebeur. Nou goed!! Ek het maar nog net altyd gewonder, HOE OP AARDE KRY JY DIT REG OM TE ONTSPAN, nie daaraan te dink ens nie.!! sy die dr het ook gese ek's dalk bietjie obsessive. Gids jul,, en ek rerig nie eens so erg nie. Maar goed sy die dr.
Wil net graag jul opinies hoor!
hoop jul almal het heerlike week.
Ek hoop die somer wil nou kom.