× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 6 months ago #162247 by KarinM
More dames. :)

Ek loer maar kort kort in om te sien hoe dit gaan hier. Julle bly in my gedagtes en gebede.

My tyd raak min... nog 6 daggies oor tot my keiser. Ek hoop nog sy wil haar opwagting maak voor dag, hehe, raak nou ongeduldig.

Ankia - 'n tip re die inkry van vloeistof ~ ek het 'n paar maal 'n urien weg infeksie gekry en my dr het vir my die tip gegee dat Wit Druiwesap gemeng met water baie goed is daarvoor, dit doen amper dieselfde as wat Citrosoda doen. So ek drink al vir maande dit so: gooi BAIE ys in GROOT glas (manlief se groot 750ml bierglas, hehe) en dan gooi ek dit driekwart met water en die ander kwart met die wit druiwe sap (sommer Pick n Pay brand 1lt boksie as ek kan kry, dis goedkoper). Meng lekker goed met 'n lepel of iets. Dis heerlik verfrissend, vat die dors weg en help om UTI te voorkom. :)
Jy kan altyd bietjie meer of minder sap bygooi soos dit jou smaak pas.

Mooi daggie vir almal!
XX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #162235 by Goggatjies
Hallo

Sjoe maar sit is maar stillerig hier
Gaan goed vanmore, het nie klagtes nie, ek sukkel net om 'n lekker drink dingetjie te kry om te drink
Water is sleg, oros is te soet, ek het tang vir so paar dae gedrink en nou is dit ook nie meer lekker nie
drink nou vrugte sap op die oomblik, maar dit is ook besig omt e soet te raak, en ek het dit verdin ook.
Kan nie gas koeldrank drink nie, nie lekker nie
Sal maar sien wat ek gedrink kan kry

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #162081 by Tienka
Ai Hexy, baie baie sterkte vir jou en jou familie, mag God julle dra deur hierdie moeilike tyd!!

Hallo aan al die ander girls :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #162050 by KarinM
Hexy - wil net vir jou se jy en jou gesin is in my gebede. My innige simpatie met jou pappa wat oorlede is.... XXXX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #162040 by Lia
Hi girls, ek het omtrent nou net eers by werk aangekom na ek 'n seminaar gehad het, so glad nie lus om te werk nie, maar gedink ek kom loer gou in, maar dit lyk my, my baas het weer ander werk vir my reg om te doen, so jammer ek kry nie tyd om op te vang nie.

Ek het net vinnig gesien dat iets fout is met Hexy se pa, maar nie seker wat nie, kry nie 'n inskrywing nie, so ek gaan net vinnig se Hexy, baie sterkte vir jou en jou familie, ek weet dis nie maklik nie. Ons bid vir julle !!

Verder sien ek, ek dink dit Morgs en Drix wat se L is naby, julle moenie so se nie, daar is nog baie dinge wat gedoen moet word en my maternity shoot is Saterdag en ek werk nog tot volgende Vrydag, sy moet asb. net wag tot dan. Ek knyp soveel ek kan.

Hallo aan almal anders, ek belowe ek sal nog kom opvang.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161993 by Driekie
Hellooooos almal!!!!!!!!!!!

Ek is nog in die "rondte" - maar nou begin dit veeleisend raak!En ek praat nie eers van die hormone nie!!!

Nie veel nuus by my nie - lyk of die behandeling gewerk het vir skoonpa maar ons sal maar sien soos tyd aandstap!

En dan is ek sooooooo trots op my liefie-kind!Ons het uiteindelik oordentlike progress begin maak met die potty-training!!!!!!
Hyt Vrydag heeldag vir my gese as hy wou toilet toe gaan en Saterdag het ons besluit dis nou klaar en hom so die helfte van die dag onderbroekies laat dra en toilet-tyd getime...Nou ja van daar af wil hy nie doek dra nie en gister sommer heeldag het hy sy "onnies" gedra!! 3xklein glipsies maar dit raak al beter!!!!!

SJoegies - dis stil!!

Anje - jou boepie is sooooo cute en het al baie gesak - L is naby!!
Hexy - ek jou op fb n boodskappie gestuur!
Helloooooo almal anders - skuus my kop bietjie muf, die baie opstaan in die aand om te pieps maak my lelik moeg, dan sukkel ek om goed te onthou!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161981 by Cornel
GRIET MAAR DIS STIL HIER!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account