× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #161429 by Ansa_S
More almal,

Die foto's is oppad, ek moet eers dit gaan scan by my ma se huis, het nie 'n scanner hier nie!

Maar die foto's is nie nastenby so bevredegind soos om die mannetjie op die dvd te sien nie, hy het omtrent vir ons gewys dat hy sommer vroeg vroeg al 'n honger babatjie is! En baie baie lief is vir sy hande!

Cornel ek kan dink jy is al haastig vir vakansie!

Hexy en Ankia, sterkte en voorspoed met al jul nuwe planne vir besigheid!!

Morgan ek sal vanaand dat manlief foto's neem met kamera!

O ja het gister MJ se waentjie gekoop 'n bloedrooi en donkergrys een! Het gisteraand hom op en af in die huis gestoot, lekker simpel!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161399 by Cornel
Goeie more!

Sjoe ek is vanoggend so LUI,nie eers die gym kon my regkry nie!

Ansa,so bly alles gaan goed met jou en MJ!

Hexy,sterkte met die nuwe besigheid!

ONS HET DAREM NOG NET 5 SLAPIES OOR!!!!!!!! EK BRAND AL OM TE BEGIN PAK!!!!!! Maar eers moet ons die laaste nagskof (van 3 aande) agter die rug kry!

Lekker dag!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161364 by Goggatjies
Goeie More

Ansa, ek is so bly julle het so 'n goeie 4d scan gehad, dit is ongelooflik.
Ek het al iewers gehoor, ek kan verkeerd wees, maar as jy jou 32 weke scan vat, en die gewig van die baba en dit met 2 maal, dan is dit omtrent hoeveel baba gaan weeg as jy voltermyn is. Soos ek se ek kan die weke verkeerd he

Sexy, whoohoo, ek is so bly om te hoor jy het jou besigheid ge-adverteer, dit is great.
Wow die bloedtoets was duur, maar gelukkig hoef jy nie vir die tweede stel te gebetaal het nie.

Wow, ek is so bly dit is Vrydag
Ek het ook nie vanoggend my vomifene gedrink nie, ek wil kyk hoe dit gaan, ek het darem hier, vir as ek dit nodig het

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161346 by sexy~hexy
More almal

Ansa - so bly julle kon vir MJ mooi sien met die 4D...nou waar is die fotos???

Ankia...met Moomie maatjies gaan jy sommer gou-gou baie werk he om te doen!!!

Ek het sopas op ons elektroniese "junkmail" hier by die werk my "besigheid" geadverteer....so ek hoop om darem so een of twee navrae te kry :blink:

Op cd16 vandag....maar BD is daar wanneer ons so voel, is regtig rustig die maand. Ek sien daai bloedtoetse van my was oor die R1000, so daar gaan ons dag tot dag voordele al weer. Moet dan nog Woensdag gaan vir die cd21 toets ook.

Darem Vrydag vandag....so lekker daggie vir almal ;)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161323 by Morgan
Twintastic dis n baie mooi storie!! so bly altwee jou twins is so gesond!!

Ankia of course is jy genooi, almal in ons groep is, haha dis nog ver weg ons beplan maar net solank.

Ansa ek het net nou met jou op FB gepraat, soooo bly als is 100% met MJ en dat hy julle mooi gewys het. Carli wou mos niks weet as ons gegaan het vir n 4D nie..... PS. wanneer kry ons weer n boepie foto????

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161316 by Ansa_S
Hallo almal, weet julle is lankal by die huis en glad nie voor die rekenaar nie, maar he jul moet more oggend heel eerste van my hoor!

Die 4D was AMAZING AMAZING!!!!!!!! MJ het sy pappa se mondjie en sy mamma se neusie! Hy drink kort-kort vrugwater en dan suig hy eers sy onderlippie in en dan trek hy 'n tuitbekkie! En dan is hy lief om sy hande te suig en sy duim in sy mondjie te druk!

Was by ginekoloog ook weeg 1.99 op 31 weke en dr baie tevrede!

Nou kan ek GLAD GLAD GLAD nie meer wag om hierdie lyfie vas te hou en hom op sy tuitbekkie te soen nie!

O ja en ons kon verseker sien dis 'n seuntjie!!!! Die albasters het ook baie mooi duidelik gewys! :blush: :blush:

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161279 by Cornel
Sjoe Twintastic!!!!!!! Dis wonderlik!!!!!!!!!!

Baie baie geluk met jou jou 2ling!!!!! Mag hulle nog sommer vir baie lank vir julle gespaar word.

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account