× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #161278 by Strik*kie
Sjoe, dankie vir jou stukkie Twintastic, :lol: ek is mal oor jou naam!! Dis rerig so nice om te hoor van suksesverhale!!!

Ankia, hou net moed girl, daar gaan altyd 'n deur oop as een toegaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161273 by ella~bella
Twintastic! Dit is 'n baie mooi getuienis!

Ek dink 'n mens raak vasgevang om mismoedig te word, en dan gebeur iets geseend soos in jou geval!

Ek is bly dit gaan goed met die twins... lyk my hulle wou baie graag hulle mamma ontmoet dat hulle soveel keer probeer "uit" kom het!

Dankie dat jy dit met ons deel!

What a blessing!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161269 by Goggatjies
Dit klink na 'n plan Laliek
Ons sal die prys onderhandel - hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161268 by Laliek
Ankies ek sal my maternity shoot by jou book ;-) En jy kan beslis meer vra as R500 in Jhb vir 'n uur se werk!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161267 by Goggatjies
Wow - twintastic
Dit is great

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161265 by Goggatjies
Julle ek gaan groet en dan praat ons weer more

Morgan FB my, want ek sal daai koek vir jou bak
Ons is na die party genooi, so ek kan net sowel die koek saam bring - HEHE :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161264 by Twintastic
Vir die wat my nie ken nie: ek het 'n sukses storie met vrugbaarheidspille. Ek het vandag my storie uitgetik vir 'n groepie op FB so vir die van julle wat 'n bietjie "moed inpraat" nodig het hier is dit:

Ons dubbele Seen:

Ek het in 2001 met my dogtertjie onbeplan swanger geraak toe ek en man (verloofde destyds) Engeland getoer het. Ons was albei in die wolke maar het op 'n jaar oud besluit sy sal ons enigste wees. In 2006 het ons toe van plan verander en dadelik aan die 'werk' gespring vir 'n boetie en sommer 'n sussie naby mekaar. Maand na maand was ons teleurgestel as die toetsie negatief is. Ek is toe dokter toe vir 'n papsmeer om uit te vind 'wat is fout?'. Hoekom sou ek so maklik swanger raak met my eerste en nou wil niks gebeur nie. Ek het 4 dae later my papsmeer uitslae gekry en dit was baie slegte nuus. Ek was
gediagnoseer met abnormale selle op my servieks wat dui op servieks kanker. Ook bekend as die Cin 3 virus. Na 'n klein operasie is vasgestel dat die selle darem nie in kanker omgesit het nie en ons is na 3 maande weer die 'go ahead' gegee om te probeer swanger raak. So het ons vir nog 'n goeie jaar gesukkel. Toe het ek cyste op my eierstokke gehad, moes behandeling daarvoor kry. Net toe ek wou opgee en my
berus by die feit dat die Here wil he ons moet tevrede wees met net een engeltjie stel my ginekeloog voor ons gebruik Clomid. Na sommer die eerste ronde is ek swanger. Twee jaar nadat ons begin probeer het vir 'n babatjie. Op 6 weke en 4 dae vind ons uit dis 'n tweeling. Ons was in die wolke.
My swangerskap was glad nie maklik nie. Ek is op 18 weke vir die
eerste keer opgeneem met infeksie. Met my 25 weke ondersoek is ons groot geskok toe die ginekeloog sê ek moet onmiddelik hospitaal toe, my servieks is heeltemal ontsluit, ek is in premature kraam en die membraan van die plasenta steek al deur. Ek is opgeneem in die Medi Clinic Nelspruit en hul het dadelik my bed gelig sodat ek basies 'onderstebo' gele het sodat die membraan weer kon terug trek. Ek is 3 dae na die gele in teater toe vir n servieks steek en op streng bedrus
geplaas vir die res van my swangerskap. Ek het ook n klomp medikasie elke dag gedrink om weer premature kraam te verhoed. Op 28 weke het ek egter weer kontraksies begin kry en is vir die 3 de keer in my swangerskap opgeneem. Na 5 dae se hospitalisasie en behandeling is ek weer huistoe gestuur. Op 33 weke selfde storie maar die keer wou ek nie erken dit is weer kraam nie. Ek was 36 uur in kraam voordat ek vir manlief gesê het nou moet ons hospitaal toe die pyn is te erg. My
ginekeloog het my op behandeling gesit om eers weer die kontraksies te stop want hy wou graag he ek moet dit tot by 34 weke maak. Teen 10pm was die kontraksies egter so sterk dat die suster die ginekeloog gebel het en die teater 'bespreek' het. My man het deurgejaag en ek is ingestoot teater toe net na 11pm. Teen die tyd wat die spinaal gedoen is en ek geprep was vir die noodkeiser moes die ginekeloog besluit -of wag tot 12am - of begin sny en een babatjie word voor 12am gebore en een dalk na. 'n Tweeling met twee verskillende geboorte datums.
Ons het besluit om te wag. Caydee is eerste uit maar het ongelukkig vrug water geslug en dadelik opgehou asem haal. Die pediater het gespook om haar te kry om aan die lewe te bly. Jayden is 1 min 40 sekondes later uit met 'n groot geskreeu en het nie opgehou totdat hy weggevat is NICU toe nie. Ma se ou raasbekkie. Intussen het die pediater na 3 probeerslae vir Caydee gekry om asem te haal. Sy is saam haar boetie NICU toe en albei was op suurstof. Caydee was 3 weke in die hospitaal en Jayden 2 weke. Hulle was maar 'n skrale 1.5kg en 1.6kg na geboorte en maar net 1.9kg elk toe hul huistoe kom.
Vandag is hulle 2 jaar oud en springlewendig en gesond en ek dank die Here dat hy hulle aan my toevertrou het. Ek hoop ook my storie kan baie vroue help wat moedeloos raak omdat hulle nie kan swanger raak nie en weer die wat moeilike swangerskappe deurmaak om te laat weet -julle is nie alleen nie.

Ons is geseen met 'n dubbele vreugde. Dit het net 'n bietjie geduld gekos.

Hometown: In SA in the middle of Swaziland and Mozambique
Mom, Career woman, Student, Lady of Leisure (A all-in-one)


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account