× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #161061 by Beertjie
Hallo almal!!

Jammer ek is so vrek stil, maar ai dit an so dol by ons. Ons het eers die week terug getrek na ons huis toe nadat ons dit ontruim het vir die vloed. So alles is op sy rug gedraai.

Gaan goed met my en Janka, is net besig om al haar goedjies bymekaar te kry. Dokter se as alles reg is kan ons vroeg in April kyk vir 'n induksie oordat ek so ver van die hospitaal af bly. So ek is redelik opgewonde.

Het hier dalk enige nuwe nuus gebeur? Het so baie om op te vang!

Wil net se sterkte vir julle preggie girls met die laaste strech ek dink aan julle!!!!

En die wat nog nie swanger is nie, julle bly in my gebede!

Lekker dagie vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161006 by Lia
AFM: Sjoe, jammer oor die lang post, ek sukkel deesdae om dit kort te hou. Ek is lekker besig by die werk en kan nie wag om oor te gee nie, ek werk tot die 11de Maart. Het gisteraand Tangled gaan kyk (saam my niggie - sy wou graag dit sien), ek was so lank laas by movies nie eers geweet waaroor dit gaan nie, maar dit is toe nou nogal oulik. Selfs L het die fliek geniet, want sy het vreeslik beweeg die heeltyd (maar dit kon seker die astros ook gewees het - ek is terug op soetgoed vir 'n slag).

Ek het so snaakse fyn rooi merkies gekry aan die bo kant en skuins lins onder van my pensie en dit juk 'n bietjie. Dit is verseker nie droe vel nie, want ek botter hom vet elke dag. Vir al wat ek weet is dit hoe jou vel maak voor die rekmerke begin, want sover het ek nog nie rekmerkte op my pens nie. Ek hou dit maar net dop vir nou en probeer om nie te krap nie.

Julle moet 'n great daggie he !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161005 by Lia
SH, ouch vir tandarts, maar darem bly julle het vir J saam gevat, hoe vroeer die probleem reggemaak word hoe beter. Shame, kry hom jammer om dit onder narkose te laat doen, maar dis dalk beter so. Bly jy kon die medies uitsorteer. Dit suck oor die bloed, ek sal baie vies gewees het.

Ankies, whoooohoooo, sal nogal wil sien hoe akkuraat daardie toets is. PS: Ek dink ook dis ‘n dogtertjie.

Morgs, SH en Ankies, hehe, dankie vir die advies. Ek het ook eers gedink om dit net met Skip te was, maar jy weet mos hoe mense goed in jou kop in kan praat. My bediende het toe sommer Dinsdag uit haar eie uit van die goedjies met die hand gewas – maar in toekoms sal ek die delicate of die baby cycle gebruik. Iemand het my vertel van ‘n woolies seep wat die klere lekker sag maak, sal gaan loer daarvoor.

Ansa, geniet jou scan !!! Kan nie wag vir die phodies nie.

Ella, wow, ek sit hier en kry hoendervleis !! Dit is wonderlik – ek bid saam dat dit gou gebeur.

Elrike, hou van jou haarstyl, ek wik en weeg baie om myne ook kort te laat sny.

HI Chanz, welkom hier en baie baie sterkte met die IUI. Is dit jou eerste IUI ? Ja hier is dames vir wie IUI gewerk het, ek hou styf duim vas dat dit vir jou ook werk, dan tel ons die dae saam jou af om te toets.

Sjoe Marie, dit was nou lekker om van jou te hoor, ek is bly dit gaan so goed met julle en klink of E ‘n wonderlike ouboet gaan wees.

Drixter, het gewonder waar jy is. Lyk my ons is albei lekker besig, tyd raak nou min. Ag Markus is die cuteste !!

Aaaah Lalie, dis wonderlik om baba vir die eerste keer te voel !! Geniet dit, jy gaan nou sien, sodra jy net gewoond raak aan een tipe beweging dan het sy al gegroei en maak nuwe bewegings. Sy gaan nou letterlik oornag groei – jou pens ook – geniet dit want dit gaan regtig vinnig verby. PS: Pasop net vir te veel klere koop, op jou babyshower gaan jy BAIE klere kry, ons het darem nie baie gekoop nie en met babyshower het ek so baie gekry het omtrent nie nodig om nog te koop nie.

Cornel, julle moet die vakansie so baie geniet !!! Dis darem nie meer ver nie.

Strikkie, ek weet nie of ek dit iewers gemis het en of jy dit nie genoem het nie, maar het jy toe besluit op ‘n gyne?

Slakkie, het nou net oor jou gewonder, jip nog net ‘n paar wekies oor. Miskien bring ons klompie geboortes geluk vir julle en voor jy weet is jy swanger met die IUI in Mei.

Wonder wanneer hoor ons weer iets van Klippie?

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #161001 by Slakkie
sjoooeee maar ek was lanklaas hier!!

Driekie - Een van die dae is klein Eoin hier!!!

Marie - Geluk met Marinus se geboorte!! Hy is baie oulik!!!

Elrike jou hare lyk baie mooi.

Ella - Ek dink baie aan jou een van die dae is dit ons beurt ook Strikkie jy inkluis!

Chanz - Welkom hier! Ek het verlede maand IUI gehad maar het dit ongelukkig nie gewerk nie.

Lalie - Ek hoop die dogtertjie bly 'n dogtertjie ek hoop so om eendag een van elk te hê. Jy gaan nou vir my lag maar ek dink altyd aan name en die een naam het ek altyd gedink is net plain weird maar nou hou ek nogal daarvan dis Astrid! Anyways ek ry 'n bmw en dis 'n baie baie lekker kar ek wil een van daai 1reeks hê met die kattebak nie die hatchback en nie. Maar nou ja!

Wie nou nog.... Anje ek kan nie glo dat oor 'n maand is dit jou beurt nie!! Wow die tyd vlieg!

Ansa - geniet jou scan vandag en ons soek pics hoor!

Cornel - darem amper vakansie tyd vir jou ek sal wat wil gee om volgende week op die strand te lê!!

Hexy - Sterkte met J se tande!

Nou kan ek nie onthou of ek iemand uitgelos het nie indien wel sorry!

AFM: Ek weet nie eers op watter CD ek is nie en dis nogal lekker want BD is net fun!! Ons het besluit om nie die volgende siklus IUI te doen nie maar eerder in Mei. So ek gaan met die volgende siklus ook met my Soy begin miskien help dit who knows. Verder niks nuus aan my kant nie maar stil en rustig!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160998 by Strik*kie
Lalie, Bmw is great maar ek het 320d, beste prezzie wat dh my gegee het ;) Weet nie rerig van 320i nie.

Cornel, dis darem om die draai. Het gaan lees, gister se stukkie was baie baie nice.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160996 by Goggatjies
Laliek, skies ek kan nie help met bmw nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160995 by Goggatjies
Hallo strik en Cornel
Strik ek hoop jy is reg, ek wil so graag 'n ou dogtertjie he

My ma het 5 klein kinders 2 dogtertjie en 3 seuntjies, so ons hoop om dit gelyk te maak, my skoonma het 2 kleinkinders, een dogtertjie en dan William.

Cornel ek kan glo, dat jy nie meer kan wag nie, nie meer lank nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account