× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #152211 by Slakkie
More more dames!!!!!

Ek het geen nuus vir julle vanoggend nie want ek het nie getoets nie.....ek kon nie want ek is bang vir 'n bfn! Ek het wel ferraris gekoop die Clearblu digital toetse en sal Sondagoggend met fmu een doen hou asb duime vas dit is positief. Al wat ek kan voel is my boobs is nogal gevoelig maar then again dis gewoonlik gevoelig na ovulasie tot en met AF begin.

Dink julle 'n bloedtoets sal nou al iets kan optel?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152188 by marie r
Toe God moeders gemaak het was dit Sy sesde dag van "Oortyd". 'n Engel het verskyn en gese: "Besig om so n bietjie te sukkel met hierdie een? Die Goeie Vader het geantwoord: "Het jy die spesifikasies vir die bestelling gelees?". ...
Sy moet ...volkome wasbaar wees,maar nie van plastiek nie, sy moet 180 beweegbare onderdele he, almal vervangbaar. Haar brandstof is koue koffie en oorskiet worsies. Sy moet n skoot he wat verdwyn as sy opstaan. 'n Soentjie wat alles gesondmaak, van n gebreekte been tot n liefdesteleurstelling. En ses paar hande.

Die Engel het haar kop stadig geskud "ses paar hande? Onmoontlik". "Dis nie die hande wat die probleem veroorsaak nie, het God gese. Dis eintlik die 3 pare oe. "Op die standaard model?" Het die engel gevra. God het gedink. "Een paar wat deur toe deure kan sien wanneer sy vra: "Wat lawaai julle so daar binne?" Terwyl sy reeds weet. Nog n paar agter haar kop wat sien wat sy nie veronderstel is om te sien nie, maar waarvan sy moet weet. En natuurlik die paar hier voor wat n kind in die oe kyk wanneer hy verbrou het, en wat kan se: "Ek verstaan en ek is lief vir jou sonder om n woord te spreek."

"Heer" het die engel gese en saggies aan Sy mou geraak" kom rus nou eers. More......". "Ek kan nie," het God gese. "Ek is so na daaraan om iets so na aan myself te skep.......". Sy kan reeds haarself genees wanneer sy siek is, sy kan 'n gesin van ses op een pakkie maalvleis voed, en n negejarige sover kry om homself te bad".

Die engel het stadig om die model van die ma gestap."Dis te sag" het sy gesug. "Maar sterk" het God opgewonde gese! "Jy sal nie glo wat hierdie ma kan doen of verduur nie.

"Kan sy dink?" Wou die engel weet. "Nie alleen kan sy dink nie, maar redeneer en tegemoetkomings maak." Het God geantwoord.

Die engel het vorentoe gebuk en 'n vinger oor haar wang getrek. "Daar's n lek." Het sy verklaar. "Ek het U gese U probeer te veel in die model druk." Dis nie 'n lek nie, dis 'n traan." Het God geantwoord. "Waarvoor?" vra die engel. "Vir geluk, hartseer, teleurstellings, pyn, eensaamheid en trots."

"Net God kan n moeder maak!" Het die engel gese.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152184 by elrike02
Hi julle,
Dit is Vrydag.... en die jaar vlieg om! Kann ie glo ons is al amper op die einde van die maand nie!
Cornel - Wat was fout gister dat jy so geirriteerd was? Hoop jy voel vandag beter!
KarinM - sterkte met jou rugpyn en ongemak. Ek het net so erg rugpyn gehad met my seuntjie! Dokter het my op 37 weke afgeboek, want ek kon nie meer loop nie! DIt was baie erg. Maar darem is elke oomblik van pyn die moeite werd sodra die bondeltjies gebore is.

Ons gaan bietjie die naweek Harties toe, vir my skoonmense te gaan kuier! Lekker rustig daar in die Magaliesberg, met geen selfoon opvangs nie! :-( Ek het gister vir my die Liefling...die Movie dvd gekoop!! Ai, ek het die fliek 2 keer op die "big screen" gekyk! Ek is so trots om Afrikaans te wees! Ek gaan die dvd vir my suster pos in Australie! Seker hulle sal dit geniet!

Nou ja, ek sal later weer kom inloer! Hoop kulle het almal 'n wonderlike dag en naweek!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152182 by KarinM
More julle...
Kon gisteraand skaars slaap... so ongemaklik en my rug te seer. So ek al wakker en op sedert 4h00.
Slakkie!!! ... dit klink na baie goeie nuus daai.... Hoop jy toets vanoggend weer en kom se gou vir ons! FXFXFXFXFX!!!

Hoop julle het almal 'n super great Vrydag.
XX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152166 by Laliek
Hi julle!

Kom loer gou gou in - is baie besig by die werk

Wil net gou gou vir Slakkie se - Slakster dit is presies wat met my gebeur het!! Strepies wat daar was as ek in middag by huis kom en twee dae later het ek BFP gekry met bloedtoets geconfirm soooooooo fxfxfxfxf!!! En dis beslis nie van Ovidrel nie hoor - daai Ovidrel is nou al uit jou sisteem uit!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152026 by Cornel
Dames.ek gaan groet!

Ek voel so geirriteerd ek kan uit my eie vel uitklim!!!!!!!!!!!!

Lekker dag vir almal verder!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152022 by Goggatjies
Ansa, ek het ook 'n lysie gemaak van vriende en familie wat ek daar wil he, en dit is wie my sussie genooi het.
Punt, dit is jou babyshower, jy kan mos besluit wie daar moet wees en wie nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account