Hallo julle!
Ai, ek moes nou eers giggel oor die babyshowers..... Elrike, jy's omtrent gelukkig om 4 te kon kry!

Ja julle, dis soos kombuistees ook, ek het maar net laasnaweek gekyk, daar is altyd iemand wat uitgesluit word oor ander mense simpel besluite neem en die storie wil oorvat.
Slakkie - al enige nuus?
Jammer ek is so stil, dis dol hier by die werk (en die internet is so bietjie geblok, maar ek weet hoe om dit te unblock.....as niemand kyk nie!)
Marie- die kamer lyk erg stunning!!! Wow!!! Dit lyk kompleet soos uit 'n tydskrif!
Hi Cornel - lanklaas met jou gesels! Hoop dit gaan goed daar in die verte!
Hallo aan al die ander wat ek nie nou hier noem nie!!!
AFM: AF wil nou net nie opdaag nie, was veronderstel om Maandag/Dinsdag te gewees het. Ek het Dinsdagaand ge-POAS, maar dit was 'n BFN. Hierdie waiting game maak my klaar!!!! O ja...ek voel so seergemaak.....die naweek het my skoonouers saam met ons in ons kar gery, en DH vra toe vir skoonma hoe dink sy sal die kar met babastoeltjies in lyk. Sy't hom net een kyk gegee en gesê: "Net nie gou nie!". Watter vrou van in haar 60's wil nie graag ouma word nie?? My ma, aan die ander kant, kan nie wag nie. Maar nou ja, dis nou maar haar probleem......