× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #149453 by KarinM
More julle,

Paisley - goed om jou te sien! So bly dit gaan goed met julle. :) As jy kansie kry sal dit wonderlik wees om foto'tjies the sien van Rikus... ;)

Hexy - ag shame man, ek hoop regtig jy kan vir Jayden plekkie kry in daai skooltjie!! Laat weet ons as jy van hulle hoor. XXX

Cornel - moenie jouself te veel uittrap oor 'n ekstra ou broodjie nie, jy doen reeds so great met jou gewigsverlies! Daai een keer nou en dan wat mens so effe kroek gaan nie jou laat opblaas soos 'n olifant nie, belowe. :) Hou net aan met die gym en jy gaan fine wees.

Marie - maggies jong... jou tydjie is nou omtrent min! Sterkte met die hitte en die moeg word... ek het simpatie ek weet dis aaklig. Maar geniet die laaste rukkie, mens mis mos maar die mensie se gewoel binne jou as dit eers verby is. Ek sukkel ook deesdae met die slaap, mens voel so ongemaklik, weeti hoe om te le naderhand nie.

Anje - shame man, hoop werk word bietjie minder dat jy nie so baie hoef rond te hol nie. Sterkte met vanaand se klasse en geniet dit! Sien uit na jou foto'tjie. :)

Slakkie - It only takes ONE!! Sterkte girl... ons bid saam met jou vir 'n positief!

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149438 by Cornel
Ek het ook Dassie se due date as die 29 Januarie!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149432 by sexy~hexy
Marie, ek het vandag as Paisley se due date en Dassie s'n as 29 Januarie??

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149427 by G Baby
More almal,ek kom loer net gou in om te sien of hier nuus is.
Slakkie bly als het goed afgeloop-ek hou styf duim vas dit sal werk-dink aan jou!!

Marie ek kan nie glo dis amper tyd vir jou om af te laai nie-mensig die tyd vlieg. Kan dink jy kry warm,die laasste stretch maar altyd moeilik. Sterkte!!

Anje,ek het ook met my eerste kind voorgeboorte klasse gedoen-dit het tog bietjie gehelp.....al gebeur alles nie altyd soos hulle dit stel nie.
Morgan- hoe gaan met jou boetie? Dink aan julle.

Paisley-Hello mamma!!!! SO bly dit gaan goed met jou en Rikus,dis darem net die eerste 3 maande wat hulle sensitief is vir goed wat mens eet. Goed dat jy borsvoed-dit sal hom gesond hou ook.
De Nys is nou 7 maande en hy het nog nie eers hoesie,proesie of loop neus gehad nie-ek glo dis die borsmelk!!

Tienka waar is jy en hoe gaan dit daar-stunning fototjies van jou seuns op FB!

Tata kom loer later weer in,moet nou eers bietjie werk weer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149421 by Cornel
Hi Anje!
Ai jong,jy moet dit maar rustig vat jong! Sterkte met die voorgeboorteklasse,kom vertel hoe dit was.

Slakkie ~ FXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFXFX vir jou!!! Onthou Liewe Jesus sal na jou omsien en vir jou voorsien.......

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149417 by Slakkie
Goeiemore dames!

IUI is gedoen maar ek voel regtig nie vreeslik positief nie want daar was bietjie min sperm net so 3m. Hou maar duime vas almal dat een net die regte paadjie kry!!! Dr het gesê hy het vir elkeen 'n GPS opgesit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149413 by Lia
More dames

Askies ek kry nie tyd om op te vang nie, ek het baie werk deur die dag en wanneer ek by die huis kom is ek dood moeg. Begin vanaand my voorgeboorteklasse, dis van 18h30 - 21h00, weet nie hoe ek gaan wakker bly nie, hoop maar ek leer iets, weet nie regtig of dit die moeite werd is nie. Ek het my 30 weke pensie afgeneem, maar moet dit nog aflaai van kamera, sal dit kom laai sodra ek 'n tydjie het.

Ek het eintlik gou kom loer of daar nuus van Slakkie is.

Julle moet 'n heerlike dag he.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account