× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #147228 by Laliek
Hi julle!!

Skies ek gaan nie nou personals doen nie want het nie rerig opgevang nie! Ek is nogsteeds siekerig so gaan maar vroeer huis toe gaan vandag. Tienka dankie ek het vir my van daai Panado Medisip gekry - ek gaan dit vanmiddag drink en in die bed spring!!

Ek wou net gou met julle deel dat ek daai Intelligender toetsie gedoen het vanoggend en dit se duidelik dat babatjie 'n seuntjie is!! So ons sal sien of die toets reg was oor so maand of so (hopelik)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #147221 by ella~bella
More almal! Sjoe hoe bly is ek dis Vrydag! Kan nou lekker tyd saam met ML die naweek spandeer!

Ansa, ek like die materiaal en die doeksak! Baie nice!

Cornel, bly jy voel al beter, was bekommerd gewees. Sien jy voel bietjie af vandag... lyk my dis iets in die lug, want ek voel dieselfde...

Anje, Lianey se 4D's is te cute! Dis darem amazing hoe die tegnologie is!

Marie, pak daai tassie! Jou tyd raak nou bitter min en lyk my boetie se vir jou so!

Karin, geniet jou sonar vandag! Ek love die ou George weer... ons was oor Kersfees op George en dit was te lekker daai motreen en koel dae!

Hexy, I like the hair! Jy is baie braaf! A change is as good as a holiday! Wens ek kon iets anders met my hare maak, maar krulhare wil net lank wees!

Ankia, lyk my jy sien uit na die naweek om bietjie te rus as vanoggend so dol is! Stadig dame!

Slakkie, hoe gaan dit met jou insputings?

Dit het nou net begin motreen hier by ons. Ons het nog net 3 warm dae die jaar gehad. Ek moet seker nie kla nie, maar dis baie vreemd vir die tyd van die jaar....

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #147184 by KarinM
More julle,

Ansa - dis pragtige materiaal daai en die doeke sak is iets anders en baie cool!

Anje - Sjoe maar jou foto'tjies is pragtig! Mens kan Lianey se gesiggie so pragtig sien, sy is te beautiful!!

Hexy - jou hare lyk baie nice! Ek dink die donker kleur pas jou!

Hi Driekie - hoe gaan dit vanoggend? Hoop regtig jy voel beter.

LOL Marie - ... ek dink jy moet maar daai sakkie pak jong, mens weet nooit wat doen die kleine mensies nie!

AFM: Yeah! Sien vir Kiana vanmiddag 2h00, lekker. :) dis heerlik koel by ons vandag, dit reen met sulke buie. Die koel weer is so verligting vir my, wens dit wil so aanhou regdeur tot Maart. LOL. Maar Februarie maand in George is berug vir sy vreeslike hitte.

Mooi dag vir almal!

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #147182 by Cornel
Goeie more dames!

Sien dit gaan darem goed met almal!

Anje ~ Lianey gaan PRAGTIG wees,pappa sal moet sy haelgeweer naby hou! (om al die mannetjies weg te hou)

Hexy ~ jou haartjies lyk baie mooi!

Ai julle die kopseer is darem nou weg,maar ek glo nie vir lank nie,want skoonouers kom alweer sondag terug!!!!!!!! NEED I SAY MORE!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #147154 by Goggatjies
Goeie More

Ansa - die materiaal is pragtig, en ek laaik die doeke sak baie.
Anje - wow dit is sulke mooi scans can Lianey
Hex - jou hare lyk mooi
Cornel - ek is bly jy voel beter
Driekie - voel jy beter, as jy nie doen nie gaan ASSEBLIEF dokter toe
Strik - ek hoop julle is nog hard besig met julle bd sessies
Marie - ek dink dit is tyd om die sakkie te pak

Gaan goed met my vanmore. Dit het so dol gegaan vanmore by die huis ek het skoon vergeet om te eet, nou het ek so ligte hoofpyn, maar ek gaan gou gou nou iets eet, dan sal ek ook beter voel.
Nog geen preggy simptone nie. Ek hoop maar die B6 help ook vir die naargeid, want dit is een ding wat ek nie voor lus is nie.

Gaan gou iets eet, praat nou weer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #147135 by marie r
Môre dames.

Hoop dit gaan goed met julle almal op hierdie Vrydag môre.

Driekie, hoe voel jy vandag? As jy nie beter voel nie moet jy asb dokter toe gaan nie. ‘n Mens speel nie met jou gesondheid as jy swanger is nie. Jou boepie is rerig so oulik.

Ansa, dit is dieselfde materiaal wat ek gekies het vir Marinus se kamer. Ek het net fyn rooi check bygesit. Dit lyk baie mooi, moet ek self sê. Die naweek kom die kot weer aanmekaar dan sal ek bietjie foto’s neem. En wat nice is vir my van die tema, is dat dit vir ‘n paar jaar sy tema vir die kamer kan wees. Bel net treehouse in PTA en hoor of hulle nuwe voorraad ingekry het, want ek weet toe my ma nog ‘n stuk materiaal gesoek het, het hulle nie gehad nie en gewag vir hulle stock.

Ansa, wanneer kry ons ‘n boepie foto?

Cornel, ek’s bly jy voel darem beter en dat dit nie malaria was nie.
Ag, kyk net daardie gesiggie Anje. Pragtige foto’s

Hexy, ek hoop jy voel beter vandag. Dit lyk stunning. Die kleur pas jou.

AFM: Vandag is die dag wat ek my hospitaal sak moet pak. Snaakse pyne (krampe) gekry vanoggend. Het toe in 'n bad gaan lê en nou's dit weg. Ek kan nou nie meer uitstel nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #147128 by sexy~hexy
More almal

Jammer ek was gister MIA...gemoed en gedagtes was glad nie lekker so saam met AF nie. Het besluit om dit maar rustig te vat, ek het geloer wat julle gesels het, maar was nie van die beste geselskap nie.

Het gister na werk sommer 'n spontane ding gedoen, my hare donker rooi gekleur (DH se werk)...net om bietjie anders te voel en nie so dood nie. Wat dink julle?


File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account