Hi daar Driekie -
Sjoe...klink of dit so bietjie rof gaan met jou. Weet dat dit met almal van ons op een of ander stadium bietjie rof gaan en ek dink al jou frustrasies is so geldig en nodig.
Van geld...tot selfsugtige skoonouers...tot baba se gesondheid..tot kraam...tot skuldgevoelens oor die werk...tot weer by geld!!
Myne klink weer so:
Geld....wanneer word ek swanger...gaan ek swanger word...ek moet ophou stress daaroor...dit is nie goed om te stress as jy wil swanger word nie...my skoonouers vra aanhoudend wanneer word ek swanger....tot...terug by geld...kan ons 'n baba bekostig.
Ek GLO REGTIG jou kleinding is piekfyn....en dat jy jou OPHOU MOET steur aan almal se stories oor min vrugwater en nog wat alles. As jou dokter gelukkig is en die babalyfie groei goed...dan is alles mos reg. BID HARD...want jou kind se aanvanklik PA kyk af na julle en sal sorg dat alles goed uitwerk....
....en steek vir jou skoonouers tong uit as hulle nie kyk nie....dit help my!!