× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 10 months ago #137940 by Lia
Tienks, die brazallian is so die moeite werd, dis net wanneer die wax afgehaal word wat dit seer is, maar daarna niks. Ek kan mos nie daar skeer nie, kry vreeslik ingroei hare. En jy het al 3 kiddies gehad, so jy sal fine wees.

Ella, goeie vraag, het nog nie laser oorweeg nie, weet nie hoekom nie. Wonder of dit veilig is terwyl jy swanger is. Sal bietjie oplees. Is jy al gepak?

Karin, ai jammer oor die bonus en verhoging, dis aaklig en werk is so skaars, mens kan ook nie kla nie. Ek kry ook nie bonus die jaar nie.

En ja, ons het al toys uit die kot gegooi, maar nou ja, die man het al 75 % van ons geld, so nou moet ons maar wag.

Hi Klipster, toe mis ek jou. Klink of jy lekker besig is. Het gewonder of jy nog wax in my valley. As ek op kraam verlof is, kan jy vinnig in hol vir koffie na jou wax hoor.

Ansa, hey lekker om van jou te hoor, shame man dis erg om nie te weet wat die geslag is nie. Die 22ste is darem baie naby dan kyk jy weer. Hoe voel jy, is jy nogsteeds heeldag plat in die bed of beweeg jy darem al ‘n bietjie? Kan nie wag vir die belly pic nie !! Ek dink dis oulik dat jy jou eie babatee reel, ek wou ook, maar my man het my klaar ingelig dat ons haarkapster (‘n vriendin), wie na ons baba verwys as haar prinsessie (sy het twee seuntjies) het klaar gese sy reel dit.

Hehe Pais, lekker lag ek nou vir jou dat ml minder simpatie met jou het. Wow, nie besef jou tyd is so min nie, die tyd vlieg. Klink of alles darem klaar en reg is.

Mense, ek spot gereeld met ml, as ek nie iets wil doen nie, se ek vir hom wil hy nou regtig he ek moet dit in my “kondisie” doen, hy lag net as ek dit se, gisteraand het ‘n ander couple gehoor wat ek vir hom se in die winkel, toe se die vroutjie, ek moenie kla nie, haar sussie is nou 43 weke swanger en sy doen nog wat sy moet doen. Gelukkig weet my man ek spot net.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137939 by Paisley
ANsa - daardie wag is maar lank. Ons moes elke keer 5 weke wag om dr. te sien. Ons sien hom ook nou eers weer die 27e. Ooi en dan die 6e is my INTERNAL..... ek sien nogal op daarna. Maar aan die ander kant wil ek weet of als alrait is met die ou stuitjie!

Ag ja - die ou bewegings is sooo lekker ansa. Sodra jou man kan begin voel moet jy hom aanmoedig om met baba te praat en te sing en met hom te speel. Rikus reageer so oulik as manlief vir hom sing, of dromme op my maag speel. Dit is die lekkerste ding om swanger te wees - soos tienka sê. Mens moet nou al begin om jou baba se persoonlikheid te 'embrace'

Vrek tienka maar ek het regtig respek vir jou met drie kinders so randomly spaced - en jy vat dit maar net soos dit kom! Dit is regtig awesome. Mens kan so baie by jou leer! Maar ek moet erken, ek sal baie graag ook 3 kiddos wil hê - maar ek sien nie kans vir nog IUI's nie. Sal maar hard bid vir wonderwerkies!

TTC Since May 2008
Me: 29, DH 32
FS: Dr Pentz
IUI #1: March 2010 - BFN
IUI #2: 29 April 2010 - BFP on 8dpiui: 7 May
16 December 2010- Early onset of labour (Flat on my back for 2 weeks)
Drugfree natural birth - 1 Jan 2011 weighing 2.74kg (37w)
October, November 2011 - Chem Pregnancies
April 2012-Medicated Cycle: BFN
IUI#1(Yet again)- Planned for Aug 2013

ALL THE GLORY BE TO OUR GOD. FOR EVER AND EVER - AMEN!!

File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137937 by Tienka
Ansa, jy gaan duidelik baba se vordering kan sien na 4 weke, dis so wonderlik!!!

Jong, ek weet nie wat om vir jou te se oor jou babatee nie, ek voel dis iemand anders se voorreg om dit vir jou te reel en jou te 'verras'. Maar dis jou eie keuse!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137933 by Tienka
Pais jy het sowaar 'n 'maklike' swangerskap, ek het al die skete en pyne gehad (omdat ek ouer is ook) en was HUGE, het 26kg opgetel maar dit bly maar 'n wonderwerk en 'n ongelooflike seen, en mens mag biekie kla as jy nie lekker voel nie :laugh:

EN dis lekker, ek het dit 3 keer gedoen LOL :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137932 by Ansa_S
Dankie Tienka, ek sien hom nou op 22 weke, so dan sal hy seker vir my als se.

Julle hierdie klein snip van ons is glad nie skaam om te beweeg nie, ek voel hom/haar kort-kort elke dag! En dit word al harder, kan nie wag dat ml dit ook kan voel nie!

Hierdie gaan 'n lang wag wees voor sonar, want dit gaan die eerste keer wees wat ons 4 weke wag voor ons baba sien want ons was elke keer tussen die 4 weke by die huisdr, maar hy is nou met verlof tot die 16de, maar eintlik sien ek uit want ek die die verandering in die baba gaan dan vir ons 'n reuse verandering wees!

Ag Pais dis heerlik! Ek oorweeg om my babatee soort van self te reel, ek wil graag die uitnodigings self maak en 'n presentjie vir elke een, maar my ma kan net self die datum inskryf! Maar aan die ander kant weet ek nie of dit so lekker gaan werk nie, net doodbang my skoonsussie en mil wil dit reel!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137930 by Paisley
thanks vir die moed inpraat tienka, want ek het regtig eintlik NIKS om oor te kla nie. Ek kan nog asem haal, en buk (nie sonder om te kreun nie though), my bene pyn nie, ek kry nie sooibrand nie, ek tel nie juis meer gewig op nie. Die enigste ding wat ek nie nou meer kan doen nie - is om voor die TV te eet - ekmoet by 'n tafel sit, dit is HEELTEMAAL te ongemaklik om op 'n bank te probeer sit en eet. Selfs my bekken is nou nie meer so seer soos wat dit was toe ou rikussie net koppie na onder gedraai het nie. Ek is baie baie dankbaar vir so 'n maklike en gesonde swangerskap!

TTC Since May 2008
Me: 29, DH 32
FS: Dr Pentz
IUI #1: March 2010 - BFN
IUI #2: 29 April 2010 - BFP on 8dpiui: 7 May
16 December 2010- Early onset of labour (Flat on my back for 2 weeks)
Drugfree natural birth - 1 Jan 2011 weighing 2.74kg (37w)
October, November 2011 - Chem Pregnancies
April 2012-Medicated Cycle: BFN
IUI#1(Yet again)- Planned for Aug 2013

ALL THE GLORY BE TO OUR GOD. FOR EVER AND EVER - AMEN!!

File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137928 by Tienka
Pais moet jou nie steur nie, daai is ' n ouvroustorie. Ek het met al 3 dieselfde gedra - HUGE - en ek het van albei geslagte. Jou 4D sal confirm wat dit is LOL :laugh: Geniet die babatee!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account